Selfone: 'n Kanker vir 'n gesonde gemeenskap
Selfone: 'n Kanker vir 'n gesonde gemeenskap

Selfone: 'n Kanker vir 'n gesonde gemeenskap

Mandy Rittmann
DIRK VAN ZYL SKRYF:

As ek na sommige mense kyk, dan dink ek aan die uitdrukking "waar jou huis is, is jou hart". Wat vir jou die belangrikste is, sal jou god wees.

Waar mense gaan, is die selfoon byderhand. As hulle iewers was, en die foon was noodgedwonge nie toegelaat nie, of moes afgeskakel wees, sit hulle met gedagtes soos dié van ’n verslaafde, en die uitdrukking van een wat nie kan verstaan waarom die foon moet bly nie. Hulle oë is soos dié van ’n lewende lyk.

Baie van die foonaanbidders sal eerder saam met die foon by die huis bly, want die lyding is onuithoubaar. Hulle aandag is beslis nie by dit wat dit vereis nie.

Sodra hulle weer met die foon verenig is, word dit gegryp, soms teen die hart vasgedruk, dan aangeskakel. Hulle val op die bank of bed neer met oë wat straal terwyl verligting oor hul brein spoel. Die herontmoeting is oorweldigend.

Hulle lees, kyk prentjies, lag en geniet die tinteling wat die liggaam ervaar oor die sinnelose dinge wat die verstand indrink. Of die ander daarvan hou of nie, die klank word so hard gestel dat almal moet hoor. Of kom kyk en geniet. Ander mag net nie inmeng nie.

Die skeidsmuur tussen die foonvergryper en die foon val en binne oomblikke is ’n ander muur van skeiding opgerig, om die afgod en onderdaan van God te skei. Hulle is verenig en alles buite sy/haar begeerte is uitgesluit.

Volgens my is die oorgrote meerderheid van die ontelbare boodskappe, prentjies, uitbeeldings van diere of komiese doen en late van mense of gebeure wat in omloop is insetsels oor vals opbeuring en afgesaagde, wêreldse versies. Die afsender self verstaan dit dikwels nie.

Oor en oor ontvang mense dieselfde goed uit verskillende oorde, maar dit moet oor en oor gedeel word. Baie van die boodskappe oor godsdiens word net so aangestuur of uitgewis, want dit is onverstaanbaar of irrelevant en dis nie nou die tyd daarvoor nie.

Uit die oog, uit die hart.

Ure en ure, dag vir dag, is die selfoon die kern waarom alles draai. As jy praat, luister mense met een oor. Een oog is op jou en die ander op die foon. As dit lui, word die foon gegryp met bewende hande met ’n: “Verskoon tog, ek moet dit neem, dis dringend, ek wag vir die oproep of boodskap, jammer.”

Aanhoudend word die foon ondersoek, geraadpleeg, beoefen, herlaai en alle aandag is daarop gevestig. Mense se verstand is vol van dit wat hulle pas gesien of gehoor het, of wat hulle wil doen om ander te beïndruk. Hulle ken elke funksie van die foon in die fynste besonderhede. Hulle sit soos ’n roofdier en wag vir iets om te gebeur wat hulle die wêreld kan instuur om sensasie te veroorsaak.

Die foon is oral. In die skool, kerk, werk, badkamer, toilet, in enige geselskap, ens. Dit lyk of 'n selfoon belangriker as klere is. Sonder die foon is mense naak.

"En Jesus sê vir hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand" (Mat. 22:37-38). Dit is die eerste en groot gebod.

Is daar plek vir God in jou lewe? Of bly jy streng daarby dat God net ’n tiende vra?

Verstaan, lees en sien jy nie dalk soos jou vleeslike begeerte jou wysmaak nie? Kyk mooi, en lees reg.

Daar is geskryf in Lukas 10-27 dat ons Hom moet liefhê met ons hele hart, siel, krag en verstand. Dis beslis nie net ’n tiende nie. Hoeveel plek is daar vir dit wat God verlang in jou verstand?

Ken ons die Skrifte, die orde en insette van God net so goed soos die selfoon? Besoek ons mense en praat met hulle oor dit wat God verlang? Hoeveel tyd spandeer ons saam met God. Deel ons ook dit wat vir ons medemens belangrik is om siele te red?

Hoe lyk die beeld wat ons uitdra? Verlang ons eer van mense oor al die dinge wat ons deel terwyl ons bloot nie wil erken dis net 'n verslawing nie? Is die Skrifte so baie in my hande soos die selfoon? Hoe lyk dit binne-in my, in alle eerlikheid?

Ons moet toelaat dat die Here ons hand vashou. As ons dit hoor, vra ons: Met watter hand, wanneer, waarheen mag die foon saam? Ek sal, maar as ek in die kerk sit en iets gebeur en my foon is af, of by die huis, hoe dink jy watter gemors kan dit afgee? Ek lees Bybel op die foon, en die mooi gebede wat mense vir my stuur. Dink net hoe sleg sal my vriende voel as ek nie onmiddellik antwoord nie?

Ons sukkel reeds in die skool, waar onderwysers aanhoudend sê fone moet afgeskakel wees. Omdat ouers glo altyd moet weet waar hul kinders is en wat hulle doen.

Mense sal eerder lieg as om die verslawing te erken. Ouers stem saam met die kinders, want hulle is verslaaf aan dieselfde god.

Die selfoon sal ons naaktheid nie bedek nie.

Die foon is nie ’n sonde of fout nie. Dis die mens wat die verganklike bo die onverganklike stel en ’n afgod daarvan maak. Die prioriteite is verkeerd.

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma | AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.74 | EUR to NAD 20.38 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 19 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 332.76/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.51/lb UP +1.74% | Zinc US$ 2 867.60/T UP 0.22% | Brent Crude Oil US$ 88.81/BBP UP +0.92% | Platinum US$ 914.39/OZ UP +1.36%