Selfdood: 131 gevalle in vier maande
Selfdood: 131 gevalle in vier maande

Selfdood: 131 gevalle in vier maande

Die maatskaplike welstand van alle Namibiërs behoort voorkeur te geniet.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Van April tot Julie vanjaar is 131 selfdoodgevalle by die Namibiese polisie aangemeld.

Die hoogste aantal gevalle was in Mei, waartydens 41 mense daarin geslaag het om hul eie lewe te neem, gevolg deur April (35), Julie (28) en Junie (27).

Namibië het die 11de hoogste selfdoodkoers in die wêreld en is in Afrika die land wat die vierde hoogste selfdoodsyfer ná Mosambiek, Tanzanië en Burundi op die vasteland het.

Volgens die jongste beskikbare data was die selfdoodkoers in 2015 vir Namibië 22,1 selfdode per 100 000 inwoners, in vergelyking met die 11,4 selfdode per 100 000 inwoners van ander wêreldlande.

Dié skoksyfers is Maandag deur die adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Juliet Kavetuna, tydens ’n amptelike herdenkingsgeleentheid van Wêrelddag vir die Voorkoming van Selfdood bekend gemaak.

“Die maatskaplike welstand van alle Namibiërs moet ’n prioriteit wees. Ons moet daadwerklike aksie in die verbetering van die lewensomstandighede van ons mense neem,” het Kavetuna gemaan.

“Solank as wat mense hulpeloos en hopeloos voel, gaan hul psigomaatskaplike welsyn agterweë bly. Die tragedie van selfdood gaan dus by ons bly spook en ons gaan almal direk of indirek deur die dood van nóg ’n Namibiër geraak word,” het sy gesê.

Volgens Kavetuna is die hoogste getal selfdoodpogings, naamlik 48, in die eerste kwartaal van vanjaar in die Erongostreek aangeteken.

Dié streek word gevolg deur die Kavango- (38), Oshikoto- (25) en Ohangwenastreek (23), en by die Oshakati-hospitaal is 19 selfdoodpogings aangemeld.

Die laagste getal selfmoordpogings was in die Hardapstreek met nege gevalle en die Omaheke- en Kunenestreek met onderskeidelik sewe en vyf gevalle.

Volgens Kavetuna bied maatskaplike werkers psigomaatskaplike ondersteuning aan die oorlewendes, wat familie, vriende asook die gemeenskap insluit, wat deur selfdoodpogings en geslaagde selfdoodgevalle geraak word.

Sy het voorts gesê die oorsake van selfdood is ingewikkeld en sluit onder meer ‘n traumatiese voorval, maatskaplike en geografiese isolasie, kulturele en familie-agtergrond, ’n gebrek aan hanteringsvaardighede en swak geestelike en fisieke gesondheid in.

Die ministerie is tans besig met die implementering van voorkomings- en behandelingsmaatreëls saam met rolspelers soos onder meer die ministeries van veiligheid en sekuriteit, onderwys, geslagsgelykheid en kinderwelsyn, Debmarine Namibia, Bel Esprit-hospitaal, Lifeline/Childline en die Raad van Kerke in Namibië.

Bogenoemde maatreëls sluit uitreike na skole en kerke en die deel van inligting oor selfdood in.

“Omdat geslagsgeweld nou verband hou met selfdood, gaan inisiatiewe in dié verband ook geïmplementeer word,” het Kavetuna gesê.

Die hoë voorkoms van selfdood in die land, saam met ’n gebrek aan navorsing, het die ministerie volgens Kavetuna genoodsaak om in 2016 die Nasionale Studie vir die Voorkoming van en Ingryping by Selfdood aan te pak. Die verslag van dié studie sal aanstaande maand bekend gestel word.

Volgens Kavetuna sal die inligting hierin vervat gebruik word in die ontwikkeling van die vyfjaar- nasionale strategiese plan vir die studie van selfdood in Namibië (2018-’19 tot 2022-’23).

Dit sal voorts gebruik word vir die ontwikkeling van ’n beleidsraamwerk om die voorkoming, behandeling, bestuur en koördinering van selfdood te lei.

Die ontwikkeling van die nasionale strategiese plan vind van 22 tot 25 Oktober onder leiding van prof. Ella Aresman plaas.

Volgens Kavetuna is Aresman, ’n hoofwetenskaplike verbonde aan die Nasionale Selfdoodnavorsingstigting in Ierland, deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) gekontrakteer om die ministerie in dié verband te help.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!