Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag u2026 vir nou
Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag u2026 vir nou

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

’n Aansoek vir die erkenning van selfdegeslaghuwelike deur twee Namibiërs en hul buitelandse eggenote, is van die hand gewys.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke van twee Namibiërs en hul nie-Namibiese selfdegeslag eggenote wat vir meer as vyf jaar ’n stryd voer om hul huwelike deur immigrasie-owerhede te laat erken, van die hand gewys.

Die volbank van regters, onder wie die hoërhofregters Hannelie Prinsloo, Orben Sibeya en Esi Schimming-Chase, het verduidelik hulle is wetlik verbind tot ’n 2001-uitspraak van die hooggeregshof – waarna algemeen as die “Frank-saak” verwys word – wat beslis het dat selfdegeslagverhoudings in Namibië nie wetlik erken of beskerm word nie, en dat diskriminasie teen gays en lesbiërs geregverdig is.

Ten spyte van die teleurstelling wat vele mense voel in die onmiddellike nasleep van die uitspraak, het dit die steun van die regters ten gunste van die tersydestelling van die Frank-uitspraak beklemtoon, asook die dringende behoefte vir Namibië om grondwetlik gelyke erkenning van alle huwelike – insluitend selfdegeslaghuwelike – toe te staan.

“Ons glo dis tyd vir Namibië se grondwet om te weerspieël dat homoseksualiteit deel is van ons samelewing en dat mense wat in homoseksuele verhoudings is, verdien om dieselfde regte as alle Namibiërs gegun te word,” lui die uitspraak.

Die uitspraak, wat Prinsloo voorgelees het, is voorafgegaan deur ’n aanhaling deur wyle biskop Desmond Tutu, ’n wêreldbekende kampvegter vir menseregte, wat die regters gekies het om in te sluit.

“Ek sal nie ’n God aanbid wat homofobies is nie ... ek sal weier om na ’n homofobiese hemel toe te gaan ... ek is ewe passievol oor hierdie veldtog [teen homofobie] as wat ek ooit oor apartheid was."

Die applikante se prokureur, me. Carli Schickerling, het ná die uitspraak gesê: “Ek voel dit was ’n oorwinning in die sin dat die hof dit duidelik gestel het ons moes wen, hoewel hulle ons nie vandag daardie oorwinning kon gee nie. Ek dink ons sal eerder die stryd verloor en die oorlog aan die einde van die dag wen.”

Sy voeg by die hof voel gebonde aan die hoër howe se uitspraak van 20 jaar gelede, maar het dit duidelik gestel “hulle wou ons help”.

Nietemin, sê sy, bevat die uitspraak bevindinge wat hul appèlsaak sal help versterk.

“Die hof het ons basies aangeraai om te appelleer, en ek dink dis wat ons sal doen. Die hof het basies die kennisgewing van appèl geskryf.”

Mnr. Daniel Digashu, die man van die Namibië mnr. Johann Potgieter, het gesê hy voel steeds “baie positief. Die algemene gevoel is dié van ’n appèl vorentoe. Hierdie is dus nie ’n totale verlies nie.”

Die Namibiër me. Anette Seiler en haar vrou, me. Anita Seiler-Lilles, is al meer as 23 jaar saam, terwyl Potgieter en Digashu al vir meer as ’n dekade in ’n verhouding is.

Albei egpare voer al meer as vyf jaar lank ’n stryd teen immigrasie-owerhede om dieselfde woonregte te verkry as heteroseksuele Namibiërs wat met buitelanders getroud is.

Schickerling sê dit “blyk duidelik uit die uitspraak dat die tyd aangebreek het en dat waardigheid moet seëvier in die erkenning van alle menseregte”.

PAD VORENTOE

Die drie regters het gister benadruk hul uitspraak is nie ’n duidelike oorwinning vir die regering nie – wat die erkenning van selfdegeslaghuwelike teengestaan het.

Die uitspraak het uitgelig die wet moenie “kies en keur” wie se menseregte om te handhaaf en wie s’n om te ontken nie – veral as Namibië se geskiedenis van onderdrukking en diskriminasie in ag geneem word.

Die regters het beklemtoon Namibië kan nie aanhou diskrimineer bloot op grond van seksuele oriëntasie nie.

Die hof het ook bevind die Frank-uitspraak beteken effektief ’n gedeelte van die Namibiese samelewing, wat verplig is om aan dieselfde wette en reëls as alle Namibiërs te voldoen, sal steeds nie dieselfde grondwetlike regte as hul heteroseksuele eweknieë hê nie.

Die uitspraak het ook uitgewys dat homoseksuele verhoudings “ongetwyfeld wêreldwyd erken word en al hoe meer lande het hul wette verander”.

[email protected]

FOTO
Senior advokaat Raymond Heathcote en prokureur Carli Schickerling bespreek die uitspraak met die twee paartjies, hul families en vriende. FOTO JANA-MARI SMITH

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!