Sekuriteitsman vlug glo met geld
Ronelle Rademeyer
Die bestuurder van 'n sekuriteitsvoertuig se besluit om Maandag na bewering met geld wat hy moes vervoer uit Windhoek te vlug, is deur blitsvinnige polisie-optrede op Otjiwarongo gefnuik.
Mnr. Johan Janeke, eienaar van Southern Cross Security Services, het gister bevestig 'n werknemer van dié sekuriteitsmaatskappy is op Otjiwarongo in hegtenis geneem.
Hy wou nie sê met hoeveel geld die werknemer na bewering gevlug het nie. Volgens hom is al die geld deur die polisie teruggevind. 'n Klag van diefstal is teen die 41-jarige werknemer ingedien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie