Sekuriteitsmaatskappy gedagvaar vir skietvoorval
Sekuriteitsmaatskappy gedagvaar vir skietvoorval

Sekuriteitsmaatskappy gedagvaar vir skietvoorval

'n Wag van Shilimela Advanced Security Services het glo drie jaar gelede twee mense raakgeskiet en ernstig beseer.
Jana-Mari Smith
Jana-Mari Smith – 'n Hoërhofregter het die groen lig gegee vir die voortsetting van 'n regsgeding waarin twee skietslagoffers Shilimela Advanced Security Services vir sowat N$3 miljoen dagvaar nadat hulle drie jaar gelede deur een van hul wagte in Katutura geskiet is.

Me. Saara Kambuze en mnr. Kristof Namukwambi het albei in September verlede jaar regsgedinge teen die maatskappy van stapel gestuur, drie jaar nadat hulle deur koeëls gewond is wat deur 'n Shilimela-veiligheidswag by 'n kroeg in die Single Quarters-woongebied in Katutura afgevuur is.

Namukwambi vra die hof om die sekuriteitsmaatskappy te verplig om N$1,5 miljoen aan hom te betaal vir skadevergoeding wat die skietery veroorsaak het. Kambuze dagvaar die maatskappy vir N$750 000.

Voordat die saak kon begin, het die maatskappy die hof versoek om die saak van die hand te wys.

Die maatskappy het aangevoer weens die gebrek om die betrokke veiligheidswag te identifiseer, kan Kambuze en Namukwambi nie die saak wen nie.

Die maatskappy reken hy kan ook nie verantwoordelik gehou word vir die optrede van 'n naamlose wag nie en het aangevoer die hofstukke is “vaag en vernederend”.



GEREGTIGHEID

Hoërhofregter Orben Sibeya het verlede Dinsdag beslis die saak kan voortgaan en Shilimela Advanced Security Services kan ­aanspreeklik gehou word vir die optrede van 'n werknemer, selfs al word daardie persoon nie in die eis genoem nie.

Sibeya het gesê Shilimela se poging om Kambuze en Namukwambi se hofgeding van die rol te skrap was 'n poging om "koue water op die eise oor dreigende skadevergoeding te gooi."

Die regter het bevind die slagoffers se saak was nie fataal gebrekkig omdat hulle nie die veiligheidswag kon identifiseer nie.

Hy het verder bevind die besonderhede van die eise was nie tot so 'n mate vaag of vernederend dat dit van die hand gewys moet word nie.

"Partye kan indirekte eise teen die werkgewers instel sonder om die name van die werknemers te noem, mits dit duidelik blyk uit die pleitstukke dat die persone werknemers van die verweerders is,” het hy verduidelik.

Hy het bygevoeg dit sou “die antieke gevestigde beginsel van plaasvervangende aanspreeklikheid 'n nederlaag toedien” as werkgewers nie verantwoordelik gehou kan word nie, net omdat die naam van 'n werknemer nie genoem is nie. Dit sal “op 'n ­bespotting van geregtigheid neerkom”.

Sibeya het gesê daar is talle regbeslissings wat duidelik aandui daar kan teen werkgewers opgetree word sonder om die name van werknemers te noem, ongeag of die werkgewer 'n openbare of private instelling is.


MEER AS 500 WAGTE

Mnr. Banda Shilimela, eienaar van die sekuriteitsmaatskappy, het in 'n beëdigde verklaring aangevoer Kambuze en Namukwambi het “opsetlik nie daarin geslaag” om die naam van die veiligheidswag te noem nie en dit maak dit moeilik vir die maat­skappy om die betrokke persoon te identifiseer.

“Ek het meer as 500 sekuriteitswagte in diens. Daarom kan ek slegs bepaal of so 'n sekuriteitswag onder my diens is as 'n naam verskaf word.”


ERNSTIG BESEER

Kambuze en Namukwambi se eis berus op 'n skietery op 27 September 2020 in Katutura, waartydens albei ernstige beserings opgedoen het. Beide was langer as 'n week in die hospitaal opgeneem.

Albei het koeëlskrapnel in hul liggame wat volgens hulle nie verwyder kan word nie, omdat dit te naby aan lewensbelangrike slagare en are geleë is.

Kambuze en Namukwambi sê hulle het hul werk en inkomste as gevolg van hul beserings verloor en ly steeds aan lang termyn mediese ongerief.

Kambuze het in Januarie die hof meegedeel dat die polisieondersoek na die skietvoorval volgens haar wete die afgelope drie jaar stil gestaan het.

Sy het gesê sy het 'n saak by die polisie aanhangig gemaak, maar drie jaar later het hulle haar ingelig “die ondersoeke is nog nie afgehandel nie”.

Die polisie kon glo ook nie die dossier aan haar verskaf nie.

Shilimela het Kambuze daarvan beskuldig dat sy nie kon bewys dat sy 'n saak by die polisie aanhangig gemaak het nie en dat dit waarskynlik onwaar was.

Die saak is tot 16 Maart vir 'n saakbeplanningskonferensie uitgestel.

Die eisers word deur regshulp-prokureur mnr. Profysen Muluti van Muluti & Partners verteenwoordig, terwyl die sekuriteitsmaatskappy deur mnr. Silas-Kishi Shakumu bygestaan word.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.83/OZ DOWN -0.0034 | Copper US$ 4.42/lb DOWN -0.011 | Zinc US$ 2 806.90/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 88.34/BBP UP +1.30% | Platinum US$ 910.10/OZ DOWN -0.0118 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.11 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.11 | USD to ZMW 25.85 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74010.81 Up +0.62% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1522.16 Down -0.31% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13246.66 Down -0.42% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26777.05 Down -4.86% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9132.5 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 325.83/OZ DOWN -0.0034 | Copper US$ 4.42/lb DOWN -0.011 | Zinc US$ 2 806.90/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 88.34/BBP UP +1.30% | Platinum US$ 910.10/OZ DOWN -0.0118