Sekuriteitsfirma skik met weduwee
Sekuriteitsfirma skik met weduwee

Sekuriteitsfirma skik met weduwee

Hoewel die strafsaak nog voor die hof dien, het me. Betserai Moyo ‘n siviele eis van N$1,7 miljoen teruggetrek ná suksesvolle skikkingsonderhandelinge in September.
Yandi Du Plessis
Jana-Mari Smith

Die eienaar en toesighouer van ‘n sekuriteitsmaatskappy op Otjiwarongo wat tereg staan op die moord van ’n Zimbabwiese houtwerker, het ’n skikking met die man se weduwee bereik nadat sy hulle en drie ander veiligheidswagte vir N$1,7 miljoen se skadevergoeding gedagvaar het.

Mnr. Hlaisanani Zhou (43), ‘n Zimbabwiese burger, is op 3 Junie 2020 noodlottig aangerand.

Vyf mans is van sy moord aangekla, waaronder die eienaar van Gridhawk Security Company, mnr. Jonathan Patrick Myburgh, die Gridhawk-toesighouer, mnr. Jandré Jansen van Vuuren, en drie Gridhawk-sekuriteitswagte.

Die siviele saak het Gridhawk en Savemore Supermarket ook as verweerders gelys.

Die mans is almal uit op borgtog in die strafsaak.

Zhou se weduwee, me. Betserai Moyo, het in Oktober verlede jaar ‘n siviele geding van N$1,7 miljoen teen die mans aanhangig gemaak.

Die hoërhof is vandeesmaand meegedeel Moyo sal haar regstappe teen Myburgh, Gridhawk Security en Jansen van Vuuren terugtrek ná suksesvolle skikkingsonderhandelinge aan die einde van September.

Volgens die partye se regsverteenwoordigers is die ooreenkoms vertroulik, hoewel dit op die openbare elektroniese hofstelsel geplaas is nadat die onderhandelinge afgehandel is.

Op haar beurt het Moyo die eis van N$1,7 miljoen teen Myburgh, Jansen van Vuuren en Gridhawk Security laat vaar.

‘n Gesamentlike statusverslag wat op 16 November by die hof ingedien is, het die hof ingelig dat Moyo ‘n aansoek om ‘n vonnis by verstek teen die oorblywende drie verweerders ingedien het.

Mnre. Roberto Katjinamunene, Hendrick Simupureni en Kefas Kuutondokua is sekuriteitswagte wat ook saam met hul werkgewers van die moord op Zhou aangekla word.

GEBEURE

Die vyf mans het Zhou na bewering aangeval nadat hy daarvan beskuldig is dat hy ‘n klein buisie houtgom in Etemba Savemore in Otjiwarongo gesteel het.

Moyo, wat deur die Regshulpsentrum (LAC) bygestaan is, voer in haar hofstukke aan die vyf mans het Zhou in ‘n agterkamer van die supermark gedwing, waar hy erg aangerand is. Ná die aanranding is hy “naby die pad gelos waar lede van die publiek gesien het hoe hy probeer opstaan en loop,” lui die hofstukke.

‘n Plaaslike sakeman het uiteindelik die polisie en ambulans gebel, maar Zhou is dieselfde dag aan sy beserings dood.

Die nadoodse ondersoek het aan die lig gebring dat hy weens trauma (wat met ‘n stomp voorwerp toegedien is) aan die kop, bors en buik gesterf het.

Myburgh (destyds 22) en Jansen van Vuuren (tóé 23) het op die vlug geslaan om arrestasie te probeer ontduik. Hulle is drie dae ná Zhou se dood vasgetrek en is op 6 Junie in hegtenis geneem.

Volgens Moyo se hofstukke het sy ‘n seun by die oorledene.

Zhou het ‘n gemiddelde bedrag van N$10 000 per maand verdien uit sy houtsnee-onderneming, wat hy gebruik het om sy gesin te onderhou.

Moyo het gesê sedert sy dood is sy en haar seun “behoeftig en maak hulle nou staat op die welwillendheid van hul onderskeie gesinne” om die pot aan die kook te hou.

Sy het bygevoeg haar man se skielike en wrede dood het haar met sielkundige letsels gelaat. Sy het die hof ook meegedeel nie een van die beskuldigdes het haar gehelp om haar man se liggaam terug na Zimbabwe te neem nie.

Myburgh en Jansen Van Vuuren het private prokureurs aangestel om hulle te verteenwoordig, terwyl die veiligheidswagte tot op hede nog nie aangedui het of hulle toegang tot regsverteenwoordiging kon kry nie.

Mnr. Francois Erasmus verteenwoordig Gridhawk se eienaar en die maatskappy self, terwyl mnr. Christoffel Jansen Van Vuuren as Jansen van Vuuren se regsverteenwoordiger optree.

‘n Statusverhoor in die saak was vir Dinsdag geskeduleer, maar die partye het gevra die saak moet tot môre (3 Desember) uitgestel word. Die saak dien voor regter Eileen Rakow in die hoërhof in Windhoek. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!