Sekuriteit in Libiu00eb versleg
Sekuriteit in Libiu00eb versleg

Sekuriteit in Libië versleg

Kommer heers oor die verswakkende veiligheidsituasie in die suide van Libië waar veral buitelanders bedreig word.
NAMPA
Weens die toename in die ontvoering van buitelandse werkers deur bendes misdadigers van verskillende nasionaliteite, het die sekuriteit in die suide van Libië ernstig verswak.

Dít volgens ‘n plaaslike sekuriteitsbeampte.

Brig. Abdul-Qadir Al-Bakush, hoof van Ubari se sekuriteitsdirektoraat, het aan Xinhua gesê ‘n onbekende gewapende groep het ‘n ingenieur van Pakistan, wat by ‘n olieveld naby Ubari werk, ontvoer. Dit is sowat 900 km suid van die hoofstad, Tripoli.

“Die voortgesette ontvoerings en afwesigheid van formele sekuriteit in die Suide, spruit uit die regering se gebrek aan ondersteuning vir sekuriteits- en militêre departemente. Etniese faktore speel ook ‘n rol,” het Ramadan Saleh, sekuriteitskoördineerder van die munisipaliteit in Ubari, gesê.

“Die uitspraak dat sekuriteits- en militêre agentskappe daar werksaam is, is nie waar nie, want stamme bestuur dinge in die Suide. Dit is die grondslag van die probleem,” het Saleh verduidelik.

Ubairi, een van die grootste stede in die suidelike deel van die land, se bevolking bestaan uit Arabiere, Tuareg-Berbers en die Tubu, en die gewapende militante is meer as die polisie en die weermag,” het hy gesê.

“Die regering kan nie teen hulle opstaan nie, want om hulle te beveg, kan tot ’n burgeroorlog lei,” het Saleh opgemerk.

Hy meen gesamentlike pogings tussen die regering, polisie en weermag is die enigste wyse waarop die verswakkende sekuriteitsituasie getakel kan word.

“Daar is ‘n breuk tussen die weermag in die Ooste en die Weste van die land en dit vuur die chaos aan. Die veiligheid in die Suide kan nie herstel word voordat daar nie eenheid tussen die weermag in die ander streke kom nie.”

Volgens hom is die ontvoering van die ingenieur nie die eerste soortgelyke voorval nie, en ook nie die laaste een nie.

Musbah Uheda, ‘n Libiese parlementariër, meen ook die afwesige rol van die regering dra by tot die toename in ontvoerings en ander misdadige aktiwiteite.

“’n Paar jaar gelede was daar geen sulke voorvalle in die Suide nie. Wanneer ‘n voertuig gesteel is, het die veiligheidsmagte ingegryp en is dit teruggevind. Vandag hoor ons elke dag van ontvoerings en aanrandings op buitelandse werkers,” sê Uheda.

“Daar is mense wat die veiligheidsituasie wil ontspoor en die werk van buitelandse maatskappye op die olievelde en elektrisiteitsprojekte wil bedreig. Die regering moet vinnig ingryp voordat die situasie verder versleg,” het hy gewaarsku.

Dorpe in die suide van die land raak al meer kwesbaar vir mensehandel, asook wapen- en dwelmsmokkelary, aangesien dit ’n afgeleë woestyngebied is. – Nampa/Xinhua

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.98/OZ UP +1.33% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.13% | Zinc US$ 2 452.30/T DOWN -0.17% | Brent Crude Oil US$ 87.52/BBP UP +1.31% | Platinum US$ 907.32/OZ UP +1.39% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.29 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.98/OZ UP +1.33% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.13% | Zinc US$ 2 452.30/T DOWN -0.17% | Brent Crude Oil US$ 87.52/BBP UP +1.31% | Platinum US$ 907.32/OZ UP +1.39%