Seksmisdrywe in Katolieke Kerk ondersoek
Seksmisdrywe in Katolieke Kerk ondersoek

Seksmisdrywe in Katolieke Kerk ondersoek

Seksuele wanpraktyke in die Rooms-Katolieke Kerk is weer onder die loep nadat Pous Franciskus se kommissie oor seksuele misdrywe in die kerk Saterdag in 'n nuwe baadjie herleef het.

Die Vatikaan het beloof slagoffers sal hierdie keer 'n duideliker rol in dié kommissie hê.

Kardinaal Sean O'Malley is as die nuwe hoof aangewys. Die kommissie se aanvanklike driejaartermyn het in Desember tot 'n einde gekom.

Dié termyn is gekenmerk deur twee omstrede bedankings – dié van Marie Collins van Ierland en Peter Saunders van Brittanje, albei slagoffers van seksuele mishandeling deur kerklui. Hulle het bedank oor frustrasie weens wat hulle beskryf het as 'n gebrek aan verandering en onvoldoende samewerking deur ampte­nare van die Vatikaan.

Luidens 'n verklaring van die Vatikaan tel slagoffers van seksuele mishandeling tans onder die kommissie se nege nuwe en/of sewe ou lede, maar dit sal van die individue afhang of hulle dié inligting buite die kommissie bekend wil maak.

Planne is glo in 'n gevorderde stadium om 'n groep te skep wat sal bestaan uit slagoffers van seksuele mishandeling en sal raadgee oor “die voorkoming van mishandeling vanuit die perspektief van die slagoffer”.

Die pous self is tans in die spervuur oor wat hy verlede maand in Chili aan verslaggewers gesê het – dat aantygings teen 'n Chileense biskop “laster” is en dat die Vatikaan geen konkrete bewyse teen hom ontvang het nie.

Dae later het hy egter die kerk se mees ervare ondersoeker na seksuele misdrywe aangestel om ondersoek in te stel na die bewerings dat biskop Juan Barros misdade teen minderjariges toegesmeer het.

– Netwerk24/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!