Seksisme bestaan steeds

07 March 2018 | Rubrieke
Ons geslag vrouens het swaar gelewe.

Aanvanklik was daar blatante gevestigde diskriminerende praktyke wat ons as vanselfsprekend aanvaar het omdat ons ma's daaraan gewoond was en ons half laat verstaan het dat dit is soos dit is. Want húlle ma's het dit van húlle ma's deur die geslagte leer aanvaar.

En toe in die 60's kom die sogenaamde seksuele rewolusie. Vrouens wil bra's brand en Germaine Greer maak opspraak en die Pil maak sy (haar) verskyning wat vroue die reg gee om hul eie voortplanting te beheer en skielik voel almal “bemagtig”.

In die hoërskool in die 70's was daar beroepsvoorligting. Beroepe vir seuns sluit in prokureurs, dokters, dominees, ingenieurs en so aan. Ons meisies kon onderwysers, sekretaresses, verpleegsters en banktellers word as jy so ongelukkig was dat jy nie 'n man kon kry en 'n huisvrou kon wees nie.

Onderwys was toe maar my keuse, want joernalistiek was nie eers op die lysie vir seuns óf meisies in my skool nie.

In die 80's, toe ek my uiteindelik ná 'n jaar uit die onderwys gewriemel het en self my pad na 'n koerant in Johannesburg gevind het, waar daar inderdaad ook ander vroue gewerk het, was daar nóg 'n terugslag.

Vars uit universiteit het die jong mans wat saam met ons jong vroue-joernaliste begin werk het, so 'n netjiese ou skootjie meer as ons verdien.

Hulle was ook bevoorreg om aan die maatskappy se mediese en pen­sioen­fonds te behoort. Ons nie. Toe ek vra hoekom nie, is ek met 'n warm kloppie op die skouer meegedeel: “Hartjie, jy gaan binnekort 'n man hê wat al daardie dinge vir jou sal gee.”

Let wel, ek praat net van my eie loopbaan, by die maatskappye waar ek gewerk het. Ek was nooit “elders” (daardie plek waar dit altyd reën en waar vroue opgang maak) nie.

In Namibië was dinge nie veel anders nie. Toe ek hier begin werk by die SWAUK kon my manlike (nie dat hulle altyd “manlik” was nie) eweknieë huislenings kry, maar ons vroue nie.

Jy het of sal mos nog 'n man kry wat vir jou sal sorg. Salarisongelykhede was steeds aan die orde van die dag.

In die 1990s het dinge aansienlik verbeter. Ek is op die politieke redaksie by die SAUK aangestel, salarisse was gekoppel aan posvlak en nie geslag nie, daar was mediese en pensioen­voordele vir albei geslagte en behuisingsubsidies - as jy kon bewys jou man kon nie 'n huislening kry nie.

Maar plekke in middelbestuur en topbestuur was steeds daardie drempel waaroor 'n vrou nie eers 'n Ferragamo-skoen kon sit nie.

Met die aanbreek van die nuwe millennium was daar weer hoop.

Vanaand sien ek op Sky News die BBC se redakteur in China het bedank.

Dis 'n dinamiese vrou wat eenvoudig gecrack het oor swak betaling, geen erkenning, en soveel dinge wat topbestuur dikwels gebruik om 'n vrou mee oor die kop te slaan.

Maar toe die BBC-girl vanaand voor die Britse parlementskomitee getuig, het ek soveel simpatie gehad.

Ondanks al die positiewe en bemoedigende aanduidinge dat geslagsgelykheid op die horison is, wil ek net in my susters se ore fluister . . . verandering gebeur stadig.

Moenie deur oppervlakkige kosmetiese veranderinge geflous word nie.

A luta continua vitória é scerta.

Soortgelyk

 

Shifeta: Houtkappery is onwettig

11 ure gelede | Omgewing

Catherine Sasman – Nie ‘n enkele omgewingsklaringsertifikaat is ooit uitgereik vir die afkap van en kommersiële handel in hout nie. Dit beteken die grootskaalse...

Afwagting groot vir Mars-landing

11 ure gelede | Tegnologie

Ronelle Rademeyer - Knap voor tienuur Namibiese tyd vanaand land die ruimteman dr. Japie van Zyl en sy span se InSight-verkenningstuig ná ’n reis van...

Staal van Otavi binnekort ’n werklikheid

11 ure gelede | Byvoegsels

Die lank verwagte staalaanleg op Otavi het vandeesmaand ’n stap nader aan die werklikheid gekom toe Nedbank onderneem het om die N$2,7 miljard-projek te finansier.Die...

Telecom: Jooste vererg oor Klein-skorsing

11 ure gelede | Plaaslik

Yanna Smit Volgens berigte Vrydag op sosiale media is die uit­voerende hoof van Telecom Namibia, mnr. Theo Klein, geskors ná 'n ondersoek na 'n oënskynlik...

WEER VIR 26 NOVEMBER

11 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde tot verspreide­ donderbuie op plekke, die verre Suide en Suidweste uitgesluit.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Wildsfees kry nuwe baadjie

11 ure gelede | Byvoegsels

Groot veranderinge word vir volgende jaar se bekende Outjo Wildsfees beplan. Nuwe lewe word in die fees geblaas deur 'n benadering, vroeë beplanning en topkunstenaars....

Dippenaar-saak: Getuie dreig glo ander

11 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – ’n Getuie in die moordverhoor van mnr. Jandré Dippenaar het Donderdag 'n saak van aanranding deur dreigement by die Swakop-polisiekantoor aangegee, met...

Invoer van sekere wildspesies dalk verbied

11 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg Die ministerie van die omgewing en toerisme doen 'n beroep op die publiek om insette te lewer oor sekere wildspesies wat moontlik nie...

Simondeum se smulkos

11 ure gelede | Byvoegsels

Voedselvervaardiging is die toekoms, en die Simondeum Fine Meats-aanleg op Grootfontein is voor in die wedloop om gehalte proteïenprodukte aan Namibiërs te voorsien.Die besigheid bestaan...