Seisoen 2002

30 December 2002 | Politiek en nasionale nuus
Hoofartikel

TERWYL die golf van voorspoed steeds inrol op toeriste-instansies op dorpe en in oorde van die sentrale kusgebied van Namibië, staan lesse vir die toekoms reeds opgeteken in die Kersseisoen van 2002. Dit hang aan die kapstokke van aanvaarding en ervaring.
Wat met trots ook deur die ganse Namibië aanvaar moet word, is dat die Namibiese kusgebied lank nie meer net die keuse van die land se eie mense is nie. In die Kersseisoen het dit ook die speelplek van buitelanders, hoofsaaklik uit Suid-Afrika, geword. Met die reisende mensdom se volgehoue soeke na nuwe bestemmings gaan hierdie toestroming eerder toeneem as om te kwyn.
Die toeristeseisoen is vir die sentrale kusgebied ook nie meer \'n dobbelspel met die moontlike nie. Dit het \'n voortrollende feit geword wat met paraatheid aanvaar moet word. \'n Voorbeeld van gereedheid is deur die regeerders self gestel toe \'n kontingent van die polisie se spesiale reserwemag vir die duur van die spitsseisoen kus toe gestuur is.
Maar ook ander noodsaaklike dienste is nodig. \'n Voorbeeld van wat nie aanvaar kan word nie, is dat \'n broodlose Gesinsdag te danke is aan \'n bakker wat ook sy Kersfees moes hou.
Eweneens moet aanvaar word dat dit by besoekers nie meer om \'n enkele oord of plek gaan nie, maar oor die ganse strook van Sandvishawe tot by die Ugab se monding en selfs verder noord. \'n Eiedorpse ding kan nie meer in isolasie in die Desemberseisoen gedoen word nie.
\'n Voorbeeld van \'n omvattende aanslag oor die hele sentrale kusgebied was die jaarlikse Bonanza van Republikein met beamptes van die Penguin-hengelklub wat die ganse kusgebied gepatrolleer het en bystand verleen en inligting verstrek het. Hentiesbaai was \'n gewilde basis omdat dit strategies tussen die onderskeie hengelvelde geleë is. Die Bonanza het van Gesinsdag \'n seisoenshoogtepunt gemaak en elke borg op sy belegging beloon.
Op die gebied van ervaring het die tyd nou uitgewys dat \'n sentrale inligtings-, skakel- en mediaburo geskep moet word waarin die dorpe Swakopmund, Walvisbaai en Hentiesbaai verteenwoordig word. Insette deur Namibia Wildlife Resorts, die verskillende para-mediese dienste, verkeer en die polisie kan daar gelewer word om die publiek daagliks op die hoogte van die ganse kusprogram te hou en selfs waarskuwings uit te reik oor gevaarsituasies.
Dit sal geselekteerde inligting in \'n mededingende handels- en inligtingsgemeenskap uitskakel en besoekers voor die werklike keuses van dag tot dag stel.
Dit is reg dat besoekers elke jaar moet terugkeer om die ware gees van die Namibiese kusgebiede te deurleef. Dit is jammer as mense moet huis toe gaan omdat hulle nie oor inligting beskik het wat hulle voor \'n volle keuse gestel het nie.

Soortgelyk

 

Hardap-sluise nóg groter getrek

2 dae gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Die Hardapdam se sluise is om 10:30 nóg groter oopgetrek sodat dit nou 300 m³ water per sekonde uitlaat – ‘n aanpassing...

La Niña skop dalk nóú in

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl die weerkantoor ‘n weerwaak vir vandag vir wydverspreide donderbuie oor die westelike helfte van die binneland uitgereik het, meen ‘n weerkenner...

Selfdegeslaghuwelike ly neerlaag … vir nou

2 dae gelede | Howe

Jana-Mari Smith – Drie hoërhofregters het hulle gister sterk ten gunste van die wetlike erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië uitgespreek, maar het nietemin die aansoeke...

Elisenheimrivier sleep motors weg

2 dae gelede | Weer

Augetto Graig – Die Elisenheimrivier het Woensdagaand motorvoertuie saamgesleep toe dit verby die Farmers Kitchen restaurant by Gastefarm Elisenheim oorstroom het. Me. Rentia van der...

Hardap loop gou vol

2 dae gelede | Weer

Elvira Hattingh – Die Hardapdam sou na verwagting laat gisteraand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sou oopgetrek moes word....

kykNET se ‘Wat Dit Vat’: Hier’s die kunstenaars

2 dae gelede | Byvoegsels

Dit was pret, dit was plesier en dit was ’n malligheid op note. Toe die briljante musikant en musiekvervaardiger Loki Rothman gesê het hy gaan...

Fees van klassieke musiek ten bate van kanker

2 dae gelede | Byvoegsels

Een van die mees begaafde pianiste in Namibië, Johann van der Merwe, bied môre (22 Januarie) 'n uitvoering aan om geld in te samel om...

Working with high standards of technology

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Not expecting to find a smooth and easy way of work, Romario Arnat describes his working experience as an eye-opener as to how...

Taking steady growing curves

2 dae gelede | Mense

Wetumwene Shikage Timothy Olivier’s passion and dedication has been a key driver in his success not only within Old Mutual, but throughout his...