Seger se albums nou digitaal beskikbaar
Bob Seger se lys van ikoniese albums kan nou vir die eerste keer digitaal afgelaai word.
Dit sluit in sy debuutalbum Ramblin’ Gamblin’ Man, versamelings van treffers en 10 platinum- en multiplatinum-albums: Beautiful Loser, Live Bullet, Nine Tonight, The Distance, Like a Rock, Night Moves, Stranger in Town, Against the Wind, Greatest Hits, Greatest Hits 2 en The Fire Inside en Ultimate Hits.
Vroeër vandeesmaand het Seger (72) aangekondig dat hy en sy groep, die Silver Bullet Band, die Noord-Amerikaanse Runaway Train-toer gaan onderneem met Nancy Wilson as genooide gas by sommige van die optredes. Kaartjies vir sy vorige optrede in die Pine Knob-teater het binne nege minute uitverkoop.
Verlede maand het die album met sy grootste treffers ’n diamant-eerbewys gekry vir verkope van meer as 10 miljoen.
In sy loopbaan van meer as vier dekades het hy getrou gebly aan sy legendariese klank van Motor City-rock met die vermenging van blues, country en soul. Sy musiek is vir verskeie musiekpryse benoem, onder meer vir agt Grammys waarvan hy een gewen het.
In 2004 is hy en die Silver Bullet Band in die Rock and Roll Hall of Fame opgeneem.
Sy 2014-album, Ride Out, is sy 17de ateljee-album.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie