Sege vir Burger in SA reeks
Triathlon
Jean-Paul Burger, Namibië se voorste driekampatleet wat op Stellenbosch studeer, het Saterdag 'n suksesvolle byeenkoms in Durban gehad waar hy die Tinman-reeks se derde byeenkoms gewen het.
Die toestande vir triathlon was ideaal en Burger, wat reeds met sukses op internasionale vlak begin meeding het, het as een van die gunstelinge daar aangekom.
Die swemskof van een kilometer se toestande was ideaal met die see nie te rof op die vierhoekige roete nie. 'n Plaaslike atleet, Glen Gore, was eerste uit die water met Burger op sy hakke.
Volgende was die fietsskof oor 32 kilometer wat uit ses baanrondes bestaan het. Burger het hom met twee rondes oor as die alleenvoorloper gevestig, voor manne soos Donovan van Gelder en Haig Gibb wat as sterk fietsryers bekend is. Laasgenoemde twee het met Darryn Purtell saamgewerk om die agterstand uit te wis en vir Burger in te haal. Van Gelder het weggebreek om die fietsskof met 'n voorsprong van 20 sekondes af te sluit.
Die Namibiër het egter in die 10 kilometer hardloopskof opnuut sy klas gewys, deur die afstand in 33 minute 42 sekondes af te lê. Dit het sy totale wentyd op een uur 36 minute 37 sekondes te staan gebring. Tweede was Gareth Marquiss in 1:37:20, met sy tweelingbroer Darren in die derde plek (1:38:16) toe hy die finale aanslag van Van Gelder afgeweer het.
Die laaste byeenkoms in die reeks word in Oktober gehou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie