Seekoeie val vas
Die regerings van Namibië en Botswana is genoop om in te gryp.
Francoise Steynberg
Die droogte het selfs op die standhoudende riviere in die noordooste van Namibië 'n impak met 63 seekoeie wat in 'n modderpoel in die Choberivier vasgeval het.
Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is die Choberivier besig om op te droog en klein modderpoele te vorm. Die 63 seekoeie, asook krokodille, is in een van hierdie modderpoele.
“Die rivier se watervlak is besig om baie vlak te raak en dit noop die regerings van Namibië en Botswana om in te gryp,” sê Muyunda.
“Die twee lande is tans besig om oor 'n oplossing vir die omstandighede te onderhandel.”
Muyunda sê moontlike oplossings sluit in om water in te pomp sodat die poele met water opgevul kan word, of om die seekoeie na 'n ander deel van die rivier te verskuif.
Hy sê nóg 'n moontlikheid is dat die seekoeie self skuif.
“Die ministerie is besig om die seekoeie dop te hou terwyl beraadslaging met Botswana se regering voortduur,” sê Muyunda.
Muyunda sê waarneming per helikopter sal in Augustus deur die ministerie onderneem word om te kyk of soortgelyke gevalle in ander dele van die Zambezi- en Kavango-Oosstreek voorkom.
Selfs toerismebedrywighede word deur die Choberivier se lae vlakke geraak.
Weens sandbanke kan bootvaarte om veiligheidsredes tans nie op die rivier aangebied word nie.
Volgens me. Pauline Mufeti van die hidrologiese dienste van Namibië is die Zambezirivier se vlak op sy laagste sedert 1996 en die Kavangorivier die laagste in vyf jaar.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie