Seekoeie gered
Die sowat 68 seekoeie wat sedert begin vandeesmaand in 'n modderpoel in die Choberivier vasgeval het, is gered. Volgens die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, is 'n boorgat geboor om water in die rivier te pomp. Weens die droogte is die Choberivier besig om op te droog en klein modderpoele te vorm. Die 68 seekoeie, asook krokodille, het in een van hierdie modderpoele vasgeval. Muyunda sê waarnemings per helikopter word vandeesmaand deur die ministerie onderneem om te kyk of soortgelyke gevalle in ander dele van die Zambezi- en Kavango-Oosstreek voorkom. Die Choberivier vloei uit die Zambezirivier met dié se vlak wat volgens hidrologiese dienste van Namibië op sy laagste sedert 1996 is. Die Kavangorivier vloei die laagste in vyf jaar. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie