Schwarz het nie in selfde kryt as Fury gehoort
Schwarz het nie in selfde kryt as Fury gehoort

Schwarz het nie in selfde kryt as Fury gehoort

Boks
Michael Green - Tyson Fury het Tom Schwarz gisteroggend (Namibiese tyd) in hul boksgeveg in Las Vegas binne net twee rondes verwoes.

So verspot maklik het die Brit met die Duitser afgereken dat hy nie eens uitasem was toe hy direk daarná Aerosmith se liedjie “I Don't Want to Miss a Thing” vir die skare in die MGM Grand-arena gesing het nie.

Fury het homself duidelik geniet. Hy het in 'n Uncle Sam-uitrusting – soos Apollo Creed in een van die Rocky-flieks – kryt toe gestap terwyl James Brown se “Living in America” oor die luidsprekers gespeel het.

In die eerste ronde het hy liggies rondgedans en Schwarz se wilde houe met ratse kopbewegings ontduik.

In die tweede ronde het Fury die voorheen onoorwonne Schwarz se neus platgeslaan. Toe het hy die Duitser met 'n kombinasie van houe planke toe gestuur. Schwarz het orent gekom, net om weer deur Fury met harde houe geskud te word.

Gelukkig het Kenny Bayless, skeidsregter, tussenbeide getree en die geveg stopgesit.

Kom ons wees nou maar eerlik, Schwarz het nie in dieselfde kryt as Fury gehoort nie. Die mense wat die sogenaamde geveg gereël het en diegene wat dit toegelaat het, behoort almal hul kop in skaamte te laat sak.

“Ek was hier om myself te geniet,” het Fury aan ESPN gesê.

Hy het laat deurskemer dat hy voor die einde van die jaar weer in aksie gaan wees voordat hy volgende jaar hoop om weer teen Deontay Wilder, die WBC-kampioen, te boks. Wilder en Fury het verlede jaar gelykop teen mekaar geboks.

Terwyl Fury heel waarskynlik volgende teen nog 'n paloeka gaan boks, kom Wilder oor 'n paar maande teen die gevaarlike Luis Ortiz van Kuba te staan. Hy het Ortiz egter al 'n vorige keer in 'n woeste geveg met 'n tegniese uitklophou in die tiende ronde verslaan. Wilder is nie bang om sy titel teen die bestes op die spel te plaas nie.

Al wat 'n mens verder van Fury se kamtige geveg teen Schwarz kan sê, is dat hy darem nie soos Anthony Joshua naam weggegooi het in Amerika nie. Joshua het mos onlangs sy WBA-, WBO-, IBF- en IBO-titels teen die potjierol Andy Ruiz verloor.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Watford 0 vs 0 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!