Scholtz wen sy klub se topprys
Die rooi span het sy presteerders en staatmakers vir die afgelope seisoen vereer.
Andrew Poolman
Die draaibouler Bernard Scholtz is as Samsung FNB Wanderers krieketklub se sportman van die 2019-2020 seisoen aangewys.
Die 30-jarige Scholtz het sedert sy debuut vir die klub se tweede span as 'n graad 8-seun in 2005 'n staatmaker geword. Hy het ook reeds in 2008 as 'n senior eersterangse speler deurgebreek.
Dit kom dus as effens van 'n verrassing dat dit die eerste keer is dat dié giftige linkerarmbouler se naam op die gesogte trofee as Wanderers-krieket se sportman van die jaar verskyn.
Benewens sy prestasies op klubvlak was sy vertonings vir die nasionale span 'n deurslaggewende faktor, in die afgelope seisoen wat weliswaar deur die coronaviruspandemie onderbreek is.
Scholtz het vir die Namibiese Eagles elf paaltjies in agt internasionale eendagwedstryde (ekonomie 3.69 per boulbeurt) en 22 paaltjies in 14 internasionale T20-wedstryde (gemiddeld 12.95; ekonomie 5.37 per boulbeurt) geneem.
“Ek is geëerd en baie tevrede met hoe die seisoen afgeloop het. Net jammer dat Wanderers nie een van die premierliga-trofeë kon wen nie, maar hopelik kan ons vergoed in die seisoen wat komende naweek begin,” het Scholtz gesê.
Wanderers het die afgelope seisoen agt spelers vir Eagles-diens opgelewer, by name Karl Birkenstock, Niko Davin, Michau du Preez, Bernard Scholtz, JJ Smit, Jan Frylinck, Jan-Izak de Villiers en JP Kotzé.
Op jeugvlak het Jan-Izak de Villiers en JC Balt (o.19), Lu-Hendro de Waal en Hansie de Villiers (o.15) ook Namibiese spanne gehaal.
Ander toekennings was soos volg:
Spelers se speler van die jaar: Gerhard Lotter (paaltjiewagter en kolwer vir die tweede span).
Premierliga, beste bouler: Bernard Scholtz (16 paaltjies, ekonomie 3.3).
Premierliga, beste kolwer: JP Kotzé (465 lopies, gemiddeld 51.67).
Premierliga, beste veelsydige speler: Nicolaas Scholtz (173 lopies, 11 paaltjies).
Premierliga, beste veldwerker: Bernard Scholtz.
Beste junior speler (skoolseun): Lu-Hendro de Waal. Beste ontluikende speler: Lu-Hendro de Waal (15 paaltjies, gemiddeld 8.07).
Beste vordering (alle ligas): Jan-Izak de Villiers.
Beste toewyding (alle ligas): Adriaan Engelbrecht.
Voorsitterstoekenning: Wynand Louw.
Beste administrateur: Tiaan Louw.
Tellinghouer van die jaar: Suska Loftie-Eaton.
Mees lojale ondersteuner: Annemarie de Villiers.
Eerste liga, beste kolwer: Ewald Steenkamp (504 lopies, gemiddeld 63).
Eerste liga, beste bouler: Stefan Jordaan (17 paaltjies, ekonomie
3.98 per boulbeurt).
Eerste liga, beste veelsydige speler: Ewald Steenkamp, 504 lopies,
11 paaltjies).
Eerste liga, beste veldwerker: Gerhard Lotter.
Meeste nulletjies (alle ligas): Rhyan Smith (2).
Spray gun award (meeste wydlopers, alle ligas): Rhyan Smith.
Jacques Fryer-toekenning vir “uitmuntende” veldwerk: Petrus (Kokkas) Smit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie