Schlettwein lê begroting van N$62,5 miljard ter tafel
Ronelle Rademeyer - Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, het vanmiddag (Woensdag) 'n N$62,5 miljard-begroting vir 2017/2018 in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê.
Dit verteenwoordig 'n styging van 1,7 persent in openbare besteding teenoor die vorige boekjaar.
Goeie nuus vir diensverskaffers van die staat is dat voorsienings gemaak word in die nuwe begroting vir die regering om sy uitstaande rekenings te betaal. Sowat N$1,8 miljard word hiervoor opsy gesit.
Die verwagte begrotingstekort in die nuwe finansiële jaar word op 3,6 persent van die Bruto Binnelandse Produk (BBP) gestel, wat 'n verbetering is van die onderskeidelik 6,3 persent en 8,3 persent begrotingstekorte in 2016/2017 en 2015/2016.
Geld wat na die fiskus vloei, sal na verwagting vanjaar met 9,7 persent styg tot N$56,4 miljard.
Onderwys, gesondheid en verdediging is weer eens die drie grootste begrotingsposte, en sal onderskeidelik N$12 miljard, N$6,5 miljard en N$5,7 miljard uit die begroting ontvang.
Soos verwag is, verhoog die maandelikse pensioen aan Namibië se bejaardes met N$100 tot N$1 200 per maand.
Foto: Lerike Burger

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie