Saturnus vanaand op sy helderste
Elvira Hattingh – Goeie nuus vir sterrekykers: Die planeet Saturnus bereik vanaand sy opposisie en ook sy naaste punt aan die aarde. Terselfdertyd speel die maan, wat tans aan die kwyn is, saam om ‘n donker naghemel te verseker.
Naas Jupiter en Mars, sal Saturnus vanaand die helderste voorwerp in die hemelruim wees en boonop heelnag sigbaar wees. Saturnus behoort sy hoogste punt in die naghemel rondom middernag te bereik en volg kort op Mars se hake.
Kenners meen nuuskieriges met ‘n n medium tot groot teleskoop sal Saturnus se ringe en sy helderste mane kan sien. Saturnus behoort egter dwarsdeur Junie en Julie relatief helder en sigbaar te bly.
Opposisie beteken die aarde gaan lê presies tussen die son en Saturnus en die drie hemelliggame lê in ‘n reguit lyn. Saturnus is dus, van die aarde se oogpunt, presies aan die teenoorgestelde kant vanaf die son. Saturnus se naaste punt aan die aarde bly steeds tien maal die afstand wat die aarde van die son geleë is.
Opposisie lei daartoe dat Saturnus se “gesig” ten volle deur die son verlig word, wat ‘n uitstekende kans aan sterrekykers bied om die planeet met die oog, deur verkykers en teleskope te bestudeer. Boonop kom Saturnus op soos die son ondergaan en gaan onder sodra die son opkom.
Die gebeurtenis volg kort ná Mars op 22 Mei vanjaar ook opposisie bereik het en sy naaste punt aan die aarde in meer as tien jaar bereik het.
Terselfdertyd sal die kwynende maan sterrekykers nie vanaand lastig val nie, aangesien dit eers vroeg Saterdag, omstreeks 05:26, sal opkom. Dit bied dus ‘n ideale donker nag om Saturnus en ander hemelliggame te bestudeer.
Terselfdertyd is Jupiter en Mars ook tydens Juniemaand sigbaar. Jupiter is die helderste van die planete en skyn feitlik kort ná sonsondergang in die naghemel en gaan min of meer rondom middernag onder.
Mars, wat meestal net 'n tikkie dowwer as Jupiter is, skyn saans bo Saturnus in die suidooste. Vanaand sal Mars en Saturnus egter naby aan die reuserooister Antares verbyskuif. Mercury verskyn ook vroegoggend voor sonop en kan die beste van die Suidelike Halfrond gesien word. Venus is in Junie egter sleg geleë en die son maak dit bykans onsigbaar.
Op 5 Junie is dit ook nuwe maan en sal die maan in die naghemel geensins sigbaar wees nie, omdat dit aan dieselfde kant van die son as die aarde geleë is. Dit is die beste tyd om dowwe voorwerpe in die naghemel te bestudeer, insluitende dowwe sterrestelsels of stertrosse. Bronne: earthsky.org en www.seasky.org.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie