Sasol se VSA-aanleg raak laat

11 February 2019 | Sakenuus
Francois Williams – Die voltooiing van die petrochemiese reus Sasol se chemiese aanleg in Amerika is nou tot vyf maande vertraag weens verskeie faktore soos swak weer, byvoegings tot die projek en afwesigheid van werkers.

Aandeelhouers hou nie van die nuus nie, en sy aandeelprys was Vrydag 5% laer op R390.

Sasol sê in ’n nuwe handelsverslag die kraker-eenheid by die aanleg in Lake Charles in die Amerikaanse deelstaat Louisiana kan nou eers in Julie voltooi word. Daar was aanvanklik verwag dat dit in Februarie voltooi sou wees. Die laedigtheid polietileen-eenheid sal in Augustus klaar wees teenoor Maart. Ander eenhede in die projek is van ’n maand tot vier maande vertraag.

Die projek gaan ook nou duurder kos as verwag, teen tussen $11,6 miljard en $11,8 miljard, vergeleke met die vroeër kosteberaming van $11,13 miljard.

Swaar reën in die laaste kwartaal van 2018 het bouwerk met ’n maand vertraag. Daar was produksieverliese weens werkers wat weggebly het rondom openbare vakansiedae en weens sekere bouwerk wat sedert einde November oorgedoen moes word.

Ingenieursbeplanning wat onvolledig was en nie betyds geïdentifiseer is nie, het tot laat byvoegings tot die ontwerp van die kraker gelei, en ekstra werk was nodig om die veiligheid van die kraker- en die etileenoksied-eenhede te verseker nadat foutiewe staalgietsels ontdek is.

Sasol spog wel dat sy liniêre laedigtheid polietileen-eenheid reeds in Januarie sy eerste produkte gelewer het, en dit sal in Februarie, sowat twee maande laat, in kommersiële produksie wees.

Ander eenhede van die projek sal teen November, Desember en in Januarie 2020 voltooi wees.

Sasol sê hy is steeds oortuig van die Lake Charles-projek se sakeplan want dit gaan hoëwinsmarge-produkte van wêreldgehalte lewer. Hy verwag egter die aanleg sal vir die volle boekjaar ’n verlies van tussen $165 miljoen en $185 miljoen ly vergeleke met ’n verdienste van tot $160 miljoen wat vroeër verwag is. Teen 2022 sal die aanleg egter ’n verdienste van $1,3 miljard lewer.

Sasol sê die projek is in totaal 95% klaar en $10,9 miljard is tot dusver daaraan bestee.

Sasol sê hy sal sy halfjaarsyfers teen 25 Februarie bekend maak.

Ondanks al die slegte nuus verwag Sasol ’n effens beter verdienste per aandeel vir die halfjaar tot einde Desember as wat hy in November verwag het.

Ondanks al die slegte nuus verwag Sasol ’n effens beter verdienste per aandeel vir die halfjaar tot einde Desember as wat hy in November verwag het.

Hy verwag nou ’n styging van tussen 110% en 114% in sy verdienste per aandeel vergeleke met ’n jaar gelede. In November het hy verwag die verdienste per aandeel sal tussen 80% en 100% hoër wees.

Die verbetering is danksy aanpassings in waardasies teen die halfjaareinde wat verband hou met wisselkoerse en die verskansing van ruolie-pryse.

Sasol verwag sy verdienste voor rente, belasting, depresiasie en afskrywing sal wel steeds binne dieselfde band styg as wat hy in November verwag het - dit sal met tussen 8% en 16% oftewel tot tussen R26 miljard en R28 miljard groei teenoor ’n jaar gelede se R24,2 miljard.

Die rand-dollarwisselkoers was teen die einde van die halfjaar tot einde Desember 16% swakker op R14,36 teenoor die R12,37 waar dit ’n jaar gelede was. Die gemiddelde wisselkoers was 6% swakker op R14,20 teenoor R13,40 in die ooreenstemmende halfjaar.

Die gemiddelde Brent-ruolieprys in dollar was 26% hoër in die tydperk, op $71,33 per vat teenoor $56,74 per vat.

Sy raffineringsmarge in dollar per vat was 2% laer op $9,49. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Chasing your dream

9 ure gelede | Mense

Ester Kamati Aina Johannes completed her matric at Windhoek High School in 2015 and is currently pursuing her studies in marketing management at the International...

Kinderverkragter: ‘Ek is skuldig’

9 ure gelede | Howe

Francoise Steynberg - Die 50-jarige Jeremia van Wyk het gister skuldig gepleit op die verkragting en ontvoering van ’n vyfjarige meisie. Pas nadat Van Wyk gisteroggend van...

/Khomani wil verskeie Khomas-plase onteien

9 ure gelede | Politiek

Catherine Sasman - Die /Khomani-gemeenskap eis nie net die onteiening van plekke soos Dordabis, Aub en Omitara omdat dit aan hul voorvaders behoort het nie,...

Windhoekers kniediep in die skuld

9 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Die Windhoekse stadsraad (CoW) het gister by monde van sy woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, bevestig hul debiteure skuld hulle bykans N$900 miljoen...

Weer vir 6 Augustus 2019

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie warm in die Noordooste. Elders sal dit sonnig en baie warm wees, maar matig tot warm in die Suide. Dit...

Maltas Club reaches out

9 ure gelede | Onderwys

Ester KamatiIn conjunction with First National Bank (FNB) Namibia, the University Centre for Studies in Namibia (Tucsin) and Dinapama Manufacturing and Supplies, the Maltas Club...

Making science easier

9 ure gelede | Onderwys

Justicia Shipena B2Gold Namibia, in collaboration with the education ministry, officially launched the flagship Little Shop of Physics (LSOP) teacher programme on 2 August...

Embracing differences

9 ure gelede |

Justicia Shipena As a way of bringing together and uniting the different cultural groups within the International University of Management (IUM) community,...

Peer-to-peer conversations

9 ure gelede | Skole

Ndakondja Uusiku Motivations will host the first-ever Purposeful Camp for teenagers aged between 15 and 19 from 28 November to 4 December 2019 at the...