Sanlam sê pensioeneise is vals

’n Versekeringsmaatskappy sê geen uitbetalings is aan voormalige SWATF-lede verskuldig nie, maar oudsoldate sê aftrekkings is sonder toestemming gedoen.
Gerine Hoff
Catherine Sasman – Die Sanlam-groep het ten sterkste ontken dat pensioenuitbetalings aan voormalige SWA Gebiedsmag (SWATF)-lede gemaak word.

’n Groep, wat tans oudsoldate vir dié sogenaamde uitbetalings registreer, maak hierdie bewering.

Mnr. Tertius Stears, Sanlam se hoof- uitvoerende beampte, het Maandag 16 Januarie in ’n mediaverklaring die publiek gewaarsku dat sulke inligting “vals” en “misleidend” is. Hy het gesê geen pensioenuitbetalings vir enige voormalige SWATF- en Koevoet-soldate word deur Sanlam geadministreer nie”.

“Die publiek, en veral voormalige SWATF- en Koevoet-lede, word ten sterkste aangeraai om waaksaam te wees en nie te skroom om Sanlam te kontak indien hulle soortgelyke kommunikasie in die vorm van ’n brief, e-pos of SMS ontvang nie. Hierdie inligting is vals,” het Stears gesê.

’n Groep wat homself die oud-Suidwes-Afrika Gebiedsmag noem, is tans besig om oudsoldate by die Workers Revolutionary Party (WRP) se kantore in die Frans Indongo-gebou vir die beweerde pensioenuitbetalings te registreer.

Die kantoor word deur die WRP se twee parlementslede, mnre. Samuel Fleermuys en Benson Kaapala, beset.

Hordes oudsoldate het na bewering reeds geregistreer en mense stroom steeds daarheen.

Mnr. George Smieer, die nasionale koördineerder van die registrasieproses, sê die pensioeneise spruit uit geld wat afgetrek is van die oudsoldate se salarisse vir ’n pensioengroepskema waarop die vorige regering en Sanlam in 1981 ooreengekom het.

Hy sê die oudsoldate het nie ingestem om by die groepskema aan te sluit nie en dat die geld sonder hul toestemming afgetrek is.

Smieer het gesê die geld moes in 1990 met onafhanklikwording uitbetaal word, maar dit het nie gebeur nie.

Hy het ’n 1988-betaalstrokie van ’n voormalige SWATF-soldaat voorgelê as bewys dat aftrekkings gemaak is onder name soos “A/Sanlam”, “SAW Ass” (Suid-Afrikaanse Weermag Assuransie) en “SWAGM-Stig” (Suidwes-Afrikaanse Gebiedsmagstigting).

Volgens Smieer is 28 name reeds vir uitbetalings aan Sanlam gestuur. Hy het gesê dié betalings sou voor die einde van hierdie maand “verwerk” word.

REGISTRASIEPROSES BEVRAAGTEKEN

Vrae bestaan oor die wyse waarop die registrasieproses uitgevoer word.

Met registrasie word oudsoldate onder meer ’n vorm om te teken in die hand gestop. Die vorm gee vir Fleermuys na bewering toestemming om “SWATF betaalstaatinligting van die ministerie van finansies” te bekom sodat hy die onderskeie oudsoldate se “pensioengeld van versekeringsmaatskappye kan eis”.

Die oudsoldate word versoek om hul SWATF mag- en rangnommer, asook ’n gewaarmerkte kopie van hul identiteitsdokument, te verskaf.

Bronne beweer daar word ook van oudsoldate verwag om hul kieserskaarte saam te bring.

Smieer het ten sterkste ontken dat dit ’n werwingsfoefie van Fleermuys is. Hy het gesê dit word slegs vereis as die oudsoldate nie enige ander vorm van identifikasie kan verskaf nie.

“Die registrasie het niks met die WRP of enige ander politieke party te doen nie. Ons gebruik die WRP-kantore omdat ons nie op die oomblik ’n kantoor van ons eie het nie. Die WRP help ons, maar ons is besig om ons eie kantoor te vind,” het Smieer gesê. “Ons wil niemand uitlok nie. Dit gaan net oor salarisaftrekkings.”

REGISTRASIE IS ’N ‘FOEFIE’

Die leier van die WRP, mnr. Hewat Beukes, het gesê die registrasieproses is “’n omvattende bedrogspul” wat deur Fleermuys “saamgeflans” is. Hy beweer ook Fleermuys probeer die geregistreerde name as WRP-lede en sy en Kaapala se ondersteuners voor te doen.

Beukes en ander wend pogings aan om Fleermuys en Kaapala as WRP-parlementslede te verwyder. Hulle beweer nie een van die twee is meer parlementslede of lede van die party nie en dat die WRP-kantoor onwettig vir die registrasieproses gebruik word.

Die Speaker, mnr. Peter Katjavivi, het tot dusver geweier om die twee te verwyder en beweer daar is twee faksies in die party. Katjavivi het ook geweier om parlementêre fondse aan die WRP uit te betaal.

Die Beukes-groep het ’n nasionale en internasionale veldtog geloods oor Katjavivi se weiering om Fleermuys en Kaapala te verwyder. Hulle het ook op 12 Januarie ’n brief aan die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, gerig om alle betalings aan Fleermuys en Kaapala te staak tot die kwessie oor betalings wat aan die WRP en sy benoemde parlementslid verskuldig is, opgelos is.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.03 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.86/OZ DOWN -0.0054 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0133 | Zinc US$ 2 800.30/T DOWN -1.19% | Brent Crude Oil US$ 86.68/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 910.87/OZ DOWN -0.0109 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.71 | EUR to NAD 20.45 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.15 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.03 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.86/OZ DOWN -0.0054 | Copper US$ 4.41/lb DOWN -0.0133 | Zinc US$ 2 800.30/T DOWN -1.19% | Brent Crude Oil US$ 86.68/BBP DOWN -0.0057 | Platinum US$ 910.87/OZ DOWN -0.0109