Sanlam het les wat hy regering wil leer

Werk saam met sakesektor

09 September 2019 | Sakenuus
Nellie Brand-Jonker – Sanlam het ’n les wat hy vir die regering met die implementering van groeiplanne wil leer.

Ian Kirk, uitvoerende hoof, het Donderdag met die uitreiking van die groep se halfjaarresultate sy stem gevoeg by dié van talle uitvoerende hoofde van groot maatskappye oor hoe kommerwekkend die ekonomiese situasie in die land is, en dat planne nou geïmplementeer moet word om groei te bewerkstellig.

“Of dit die jongste plan is van die tesourie of die 14-punt-plan, of die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) – ons het al die planne, maar ons sukkel om dit gedoen te kry. Dit is nou tyd vir die implementering.

Kirk sê hy glo nie Suid-Afrika is in ’n terminale staat nie, en kan herstel word.

“Ons het nou ’n nuwe dokument oor wat die ekonomiese strategie vir Suid-Afrika moet wees, en dit is tot groot mate in ooreenstemming met die NOP en ander beleide, maar ons moet dit regtig nou begin implementeer.”

Kirk sê daar is meer en meer erkenning in sekere dele van die regering dat implementering nou nodig is.

Daar is ook erkenning dat daar saamgewerk moet word met die sakesektor en georganiseerde arbeid om die werk gedoen te kry.

“Die implementering van wat gedoen moet word, is iets wat ons doen en verstaan. Dit gaan daaroor dat almal saamstem oor wat die prioriteite is. Anders kry jy beleidsonsekerheid en niemand weet wat hulle moet doen nie. Ons gaan nie Suid-Afrika regruk as dié kwessie nie getakel word nie.”

Hy sê ook die sakesektor moet meer proaktief oor die prioriteite wees.

Volgens hom word die invloed van die swak ekonomie op sy onderneming op verskeie maniere gesien. Dit sluit in ryker mense wat ’n gebrek aan beleggingsvertroue het, en dus minder beleggingsprodukte koop.

Dit kan ook gesien word in die styging in die voorsiening wat gemaak word vir maatskappye wat sukkel om hul lenings terug te betaal.

“Ons het ’n groot kredietboek vir maatskappye, soos ander lewensversekeraars en banke. Daar moet nou baie versigtig opgetree word en ons het ’n paar voorsienings gemaak.” – Netwerk24

Soortgelyk

 

Meegesleurde Okahandja-vrou steeds soek

1 uur gelede |

Elvira Hattingh - Die 42-jarige vrou wat gisteroggend deur die water meegesleur is toe sy en twee ander mense die Okahandjarivier te voet wou oorsteek,...

Hardap kry 19 Mm³ water sedert Maandag

1 uur gelede | Omgewing

Elvira Hattingh - Sedert die afgelope Maandag het die Hardapdam ’n reusehoeveelheid water bygekry, naamlik 19,523 Mm³ (miljoen kubieke meter). Die dam is nou 27,2%...

Nóg twee kietsies kry nekbande

3 ure gelede | Omgewing

Nóg twee swartpootwildekatte is in die vroeë oggendure met nekbande toegerus. Prof. Morgan Hauptfleisch en sy span van die Black-Footed Cat Working Group is tans...

Okahandja-kleinhoewe oorstroom weer

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh - Terwyl die polisie gistermiddag bevestig het ‘n vrou is nog soek nadat die Okahandjarivier haar vroeg gisteroggend meegesleur het, was ‘n kleinhoewe-eienaar...

Geingob stil oor kleiner kabinet

13 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Ten spyte van die groot gewag daaroor in sy Oujaarsrede weet Namibiërs nog nie hoe groot pres. Hage Geingob se verkleinde kabinet...

Eerste swartpootwildekat kry nekband

13 ure gelede | Omgewing

Francoise Steynberg - Daar is geskiedenis gemaak toe Namibië se eerste swartpootwildekat vandeesweek met 'n nekband toegerus is. "Om die klein katjies op te spoor,...

Weer vir 27 Februarie 2020

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Verspreide donderbuie sal oor die noordelike streke en Omaheke- en Khomasstreek voortduur waar kitsvloede verwag word. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik...

Drie stroop glo renoster in Etosha

13 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Nege verdagtes is verlede week in verband met renosterstropery of -horingsmokkelary in hegtenis geneem. Vanaf 17 tot 23 Februarie is beslag op...

Droogte: Baie boere wurg nog

13 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Foto’s van vol riviere, opgaardamme waarvan die vlakke styg en panne water langs die pad en in die veld het die afgelope...