Sankwasa ontken belang by Maleisiese universiteit
Sankwasa ontken belang by Maleisiese universiteit

Sankwasa ontken belang by Maleisiese universiteit

In die nadraai van die omstrede sloping van 'n ou hotel sê die adjunkminister van werke en vervoer hy stel net in Namibiërs se opleiding belang.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



Die adjunkminister van werke en vervoer, mnr. James Sankwasa, ontken hy het weens persoonlike belang beveel die afbreek van 'n ou hotel op Okahandja moet stopgesit word.

Videomateriaal van Sankwasa wat die terrein op 9 Maart besoek, is in sosiale media versprei. Dit het gelei tot aantygings dat hy die sloping wou keer omdat 'n Maleisiese universiteit die gebou as kampus wou gebruik.

Sankwasa het Woensdag gesê hy was vergesel van 'n tegniese span van die ministerie om bewerings van bedrog met betrekking tot die projek te bevestig. “Ek het die terrein saam met die tegniese personeellede Mooka, Duaraan en Du Plessis besoek.”

Volgens die adjunkminister het hy vroeër ondersoek ingestel na die betalingsfaktuur vir die kontrakteur, ADDI Investment Africa, wat op 27 Februarie ingedien is hoewel geen werk gedoen is nie.

“Toe die personeel hoor die minister (van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa) en sy adjunk ondersoek moontlike bedrog, is hulle vinnig na die terrein toe om met die sloping te begin. Ons moes bevestig of dit waar is dat dié werk oor die naweek gedoen is.”

Sankwasa het gesê hy het geen persoonlike belang by die universiteit-onderneming nie.

Hy het benadruk die Namibiese hoë kommissaris in Maleisië, amb. Anne Namakau Mutelo, het die projek ses jaar gelede bekend gestel, lank voordat hy in sy huidige pos aangestel is.

“Ek het nie daarvan geweet totdat die minister van hoër onderwys in 'n brief die minister (van werke) versoek het om die grond te huur. Ek het geen persoonlike belang by die kwessie nie. My grootste belang is by die tegniese opleiding van Namibiërs,” het Sankwasa gesê.

Hy het voorts ontken dat hy Maleisiërs betrokke by die projek ontmoet of saam met hulle die terrein op Okahandja besoek het.

Sankwasa het gesê die uitvoerende direkteur van ADDI Investment, mnr. John “Trapattoni” Sylvanus, se aantygings van 'n “stamgebonde sameswering” gee aanstoot.

“Die feit dat ek en die hoë kommissaris van dieselfde streek kom, maak dit geensins 'n kwessie van persoonlike belang nie. Sê ons dis persoonlike belang as twee wit Engels- of Afrikaanssprekendes, of twee of meer Oshiwambosprekendes, by 'n projek betrokke is?”



KORRESPONDENSIE

Amb. Mutelo het in Desember 2018 in 'n brief aan Mutorwa hom van die universiteitsafvaardiging se besoek aan Staatshuis op 29 November ingelig.

Volgens haar sukkel die Maleisiërs reeds ses jaar om 'n geskikte perseel vir hul universiteit te kry. Die voorstel is gemaak dat die betrokke lynministeries ongebruikte geboue op Okahandja uitwys wat herstel en van die regering gehuur kon word.

Mutorwa het 'n aantekening op die brief vir die aandag van sy uitvoerende direkteur, mnr. Willem Goeiemann, gemaak: “Nie seker in watter mate die MWT (ministerie) by die saak betrokke is nie?”

Op 24 Januarie het Sankwasa vir Mutorwa 'n brief geskryf waarin hy voorstelle vir die ontwikkeling van die ou Okahandja-hotel maak wat die afgelope 15 jaar toe staan.

Hy het aangedui die Limkokwing University of Creative Technology stel in die huur van die eiendom belang. Volgens Sankwasa ondersteun die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing, asook sy ministerie, die projek. Hy skryf voorts in die brief hy en drie administratiewe personeellede het die terrein op 21 Januarie besoek om die toestand van die gebou te inspekteer. Dit was vervalle en sou uitgebreide, asook te duur herstelwerk vereis.

Die ministerie van finansies het in Junie 2018 die afbreek van die gebou goedgekeur en voorgestel die ministerie van werke bou kantore of behuising op die eiendom. Alternatiewelik kon voornemende beleggers in 'n openbare-private-vennootskap voorstelle vir die gebruik daarvan indien.

Toe Sankwasa gevra is waarom hy verlede maand die sloping wou keer, het hy gesê die Maleisiërs was bereid om die gebou op eie koste te herstel of af te breek. Dit sou die regering geld spaar.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.03 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.23 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.12/OZ DOWN -0.0136 | Copper US$ 4.39/lb DOWN -0.0158 | Zinc US$ 2 783.30/T DOWN -1.79% | Brent Crude Oil US$ 86.54/BBP DOWN -0.0073 | Platinum US$ 905.97/OZ DOWN -0.0162 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.52 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.23 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48.03 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.23 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 302.12/OZ DOWN -0.0136 | Copper US$ 4.39/lb DOWN -0.0158 | Zinc US$ 2 783.30/T DOWN -1.79% | Brent Crude Oil US$ 86.54/BBP DOWN -0.0073 | Platinum US$ 905.97/OZ DOWN -0.0162