Sanger onttrek aan Trump-konsert
Die Broadway-ster Jennifer Holliday gaan nie meer by 'n konsert optree ter viering van Donald Trump se inhuldiging as president van die VSA nie.
Dit volg ná 'n artikel waarin sy gekritiseer word dat sy haar lesbiese en gay aanhangers bedrieg het.
Die Tony-wenner, wat bekendheid verwerf het vir haar rolle in Dreamgirls en Your Arms Too Short to Box with God, het in 'n brief laat weet “sy is jammer oor haar swak oordeel”, dat sy “oningelig is oor die kwessies wat elke Amerikaner raak” en dat sy haar aanhangers teleurgestel het.
Holliday sou nie Vrydag by die inhuldiging self opgetree het nie, maar op 'n konsert by die Lincoln-gedenkteken Donderdagaand saam met die countrysanger Toby Keith, die rockgroep 3 Doors Down en die Oscar-bekroonde akteur Jon Voight.
In haar brief sê Holliday sy het aanvanklik ingestem om voort te bou op haar reputasie as 'n niepartydige sanger wat al voor vier presidente opgetree het. – Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie