SA'ners gebruik 4,9 mjd. GB in een jaar
SA'ners gebruik 4,9 mjd. GB in een jaar

SA'ners gebruik 4,9 mjd. GB in een jaar

Elvira Wood



Suid-Afrikaners is nie skaam om hul slimfone vir vermaak en media te gebruik nie.

“Om die waarheid te sê, baie Suid-Afrikaners het meer as een slimfoon. Statistieke wys daar is sowat 53 miljoen slimfone wat aan netwerke in Suid-Afrika gekoppel is,” sê Charles Stuart, 'n direkteur in die afdeling tegnologie, media en telekommunikasie by PwC. Die totale Suid-Afrikaanse bevolking is na raming vanjaar op net meer as 58,5 miljoen mense.

Stuart het Dinsdag PwC se jaarlikse verslag oor die vermaak- en mediabedryf in Rosebank, Johannesburg, bekend gemaak.

Volgens PwC het Suid-Afrikaners in 2018 4,9 miljard GB gebruik, waarvan minstens die helfte via slimfone gebruik is.

Die verwagting is dat dit teen 2023 tot sowat 18,7 miljard GB sal toeneem.

Stuart sê daar is veral 'n toename in die kyk van video's via stromingsdienste.

“Dit gaan nie meer oor wat die verbruiker wil lees, kyk, luister of speel nie, maar hoe en waar hulle toegang daartoe kan kry.

“Maatskappye wat in hierdie sektor bedrywig is, sal verbruikers moet ontmoet waar hulle is. Hulle sal die diens of produk wat 'n verbruiker wil hê op die regte platform moet aanbied nog voordat die verbruiker daarvoor vra.”

Stuart sê die reeds snel groei in die digitale wêreld gaan verder versnel namate vyfdegenerasie- (5G) tegnologie toenemend beskikbaar word.

“5G gaan baie ­produkte en dienste aan Suid-Afrikaners bied wat hulle nie oor die bestaande infrastruktuur kan aflaai nie.

“Die koms van 5G sal die hele tegnologie-, media- en telekommunikasie-waardeketting oor die volgende dekade verander.”

Die vraag is of Suid-Afrikaners bereid is om vir inhoud te betaal.

Stuart verwag dat nuus­dienste nog baie uitdagings moet oorkom. “Daar is nog nie 'n kultuur om vir inhoud op die internet te betaal nie. Ek is baie seker dit gaan nie werk om Suid-Afrikaners te vra om byvoorbeeld 'n bedrag na goeddunke te betaal vir 'n artikel wat hulle aanlyn gelees het nie.”

Hy sê betaalmure genereer wel 'n inkomste vir mediahuise, maar dit is nog nie genoeg om die verlies teen te werk wat hulle ly deur minder gedrukte produkte te verkoop nie.

“Ons is te gewoond daaraan om inhoud verniet te kry,” sê hy.

Stuart voorspel wel dat in die lig van die verandering in digitale dienste, adverteerders binne die volgende paar jaar meer geld aan advertensies op die internet sal bestee as aan advertensies op enige ander platform.

Verskillende dienste, soos musiek, video, spele­tjies en media, sal egter vir dié geld moet meeding.

Tans word die grootste deel van advertensie­begrotings aan TV-advertensies bestee.

PwC voorspel dat adverteerders teen 2022 meer geld aan digitale advertensies sal bestee as wat hulle aan TV-advertensies sal bestee.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!