Sandy Rudd – koningin van die planke

Die legendariese teaterregisseur se nuutste stuk is vanaand by die NTN te sien.
Karin Eloff
Augetto Graig - Intiem en lewensbekragtigend.

Dís Meet me at dawn.

Vanaand om sewe is die laaste geskeduleerde vertoning van dié kragtoer by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) se Mirror Room.

Die uur en twintig minute lange verhaal word deur twee bekende Namibiese aktrises, Lara-Lyn Ahrens en Roya Diehl, vertel.

Dantago Schimming het die klank behartig en Sandy Rudd die regie.

Dis ’n verhaal van rou en hartseer, sê Sandy, ’n legende in teaterkringe.

“Kom teater toe vir antwoorde op die vrae wat jy nie self durf vra nie,” sê sy.

Die produksie gaan oor hoe ingewikkeld verlies en oorlewing is. Twee vroue trotseer die see ná hul boot omslaan en word op ’n eiland uitgespoel.

Dit is ’n onderbewuste ervaring met ’n tikkie subtiliteit, maar daar is niks subtiel aan die hartseer wat hier geopenbaar word nie. Dit behels moeilike spel wat moeilike vrae hanteer, sê sy.

Dié produksie is die nuutste in ’n lang lys teaterproduksies deur Sandy, wat terugstrek tot 1982 toe sy haar eerste produksie, There was an old woman, met ’n jong Michelle McLean by die NTN laat opvoer het.

Michelle, wat later die Mej. Heelal-kroon opgeraap het, pas vandag steeds tegnieke wat sy by haar geleer het in haar loopbaan toe, sê Sandy.

In 1982 het sy ‘n stigterslid van Playmakers geword. Playmakers bestaan vandag steeds uit Sandy, Dawn Speiker en Enid Milton. Dié drie is soms bekend as “die pers dames” en het destyds teaterstukke onder mekaar uitgeruil en by mekaar se huise voorgelees.

Sandy het kinderteater in Zimbabwe gedoen en dit later in Namibië kom vestig.

“Hoekom Namibië? My man het ’n briljante loopbaan hier gehad, my kinders was gelukkig, Namibië is pragtig, en die land het my as teaterregiseur verwelkom,” sê sy.

Op die NTN-verhoog het Sandy met haar gehoor se sintuie leer toor, soos met die onvergeetlike aanbieding van Jungle Book in 1984.

Sy weet van een ouer wat as kind só beïndruk was met die olifante in die stuk dat hy nou nog sy eie kinders verseker daar is olifante in die NTN.

“Moenie onderskat wat teater aan jou kan doen nie,” sê Sandy. “Teater moet altyd ’n bietjie hoop bied. Hoop is alles. Tydens die resessie moet ons goed doen wat hoop bied. Ons moet doen wat ons gelukkig maak. Ons moet die lewe liefhê,” sê sy.

“Ek soek teater wat die lewe bekragtig, hoop bied en vol vreugde is. As mens ná die stuk uitstap, moet jy jou naaste wil omhels,” sê sy.

Om te verlang na nog een dag of nog een verlore uur is verkeerd, sê sy. Mens moet jou lewe liewer nou liefhê, liefdevol teenoor almal wees en vriendelik, sê sy.

’n Hoogtepunt van haar 40 jaar lange liefdesverhouding met drama in Namibië was vier jaar gelede, met Namibië se 25ste onafhanklikheidsvieringe, toe Sandy duisende spelers moes regisseer.

Dié miljoendollar-produksie is voor verskeie staatshowe opgevoer.

“Dit was ’n wonderlike ervaring om iets fantasties te doen met lewensgroot draadpoppe, wat selfs kon beweeg en hul koppe buig. Ek onthou president Geingob het gesalueer toe die gemsbok voor hom gebuig het,” vertel sy.

Sandy het ná 20 jaar in diens van die Kollege van die Kunste (Cota) afgetree.

“Dit was ’n wonderlike finale van my tyd by Cota – ’n versameling buitengewone mense met wie ek gewerk het,” sê sy.

Deur Playmakers se Arts Alive-inisiatief probeer Sandy amateurteater in Namibië steeds aan die gang hou.

Die Arts Alive-konsep behels dat die inkomste uit produksies tussen al die betrokkenes daarby verdeel word.

“Dit is omdat ons amateurteater liefhet dat mense bereid is om alles verniet te doen. As ons die kostes kan dek, kan ons teater aan die lewe hou,” sê sy.

“Ek doen my hele lewe lank amateurteater,” sê sy.

Sandy vertel sy het in die tagtigerjare die eerste veelrassige amateurgroep akteurs op die verhoog gesit, en watter moeite dit was om al 14 verskillende plaaslike administrasies se toestemming hiervoor te kry.

“Teater in Namibië ondergaan dapper veranderinge,” sê sy.

Volgens haar verbeter alles en word daar met buitengewone goed geëksperimenteer.

Hoewel sy voel dans het in Namibië meer as teater gevorder, sê sy ’n goeie grondslag is vir teater gelê.

“Ek wil net nie hê dit moet uitsterf nie. Dit sou net aaklig wees. Teater is werklik lewensbekragtigend. Dis so maklik om negatief te wees, maar soos my vriend altyd sê, dit is net ’n gedagte. ’n Negatiewe gedagte kom net so maklik in jou kop soos ’n positiewe gedagte,” sê sy.

Goeie idees waarop Sandy deesdae trots is, sluit in die Free Your Mind-komedieplatform wat in Windhoek goed posgevat het, theatre sports, en die gewilde Song Night.

Wanneer sy strate vol geparkeerde karre voor enige van dié gereelde geleenthede sien, voel sy sy het baie bereik, sê sy.

Sitplekke wat volgesit word, is al wat nodig is, sê Sandy.

“Wat is die punt daarsonder? Al drie het mekaar nodig: die akteur, die gehoor en die aksie. Dit gaan alles oor kommunikasie,” sê sy.

Om teater te bevorder, is borgskappe van kardinale belang, sê sy. Voor haar aftrede was dit makliker om borge vir haar produksies te kry.

“Mense verkies om instansies te borg. Ek dink graag ek ís ’n instansie, maar ek is nie,” sê sy.

“Ons moenie bang wees om die kunste te borg nie. Borgskap in die kunste het langlewendheid. Hulle noem dit nou nog die Bank Windhoek-teaterskool, maar die bank se borgskap het jare gelede gestop. Geld is goed aan die kunste bestee,” sê Sandy.

Borgskap is veral belangrik vir kinderteater, wat volgens haar lewens verander.

“Die betrokkenes sal dit nooit vergeet nie. Almal het so ’n ervaring minstens een keer in hul lewe nodig,” sê sy.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: European Championships Qualifying: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City English Championship: Millwall FC 1 vs 1 West Bromwich Albion | Bristol City 1 vs 0 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.8 | EUR to NAD 20.35 | CNY to NAD 2.61 | USD to NAD 18.87 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1303.34 | USD to ZAR 18.88 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%