Sandro nét kort van IAAF-finaal
Atletiek
Andrew Poolman
Die Namibiese aanslag op die IAAF onder 20 wêreldkampioenskap is gou uitgedoof toe sy enigste deelnemer in die uitdunronde uitgeskakel is.
Die verspringer Sandro Diergaardt is deur Satrick Bampton na die wêreldskouspel in Tampere, Finland vergesel.
Die Windhoek Hochland Sportklub-atleet se tweede poging van 7.41 meter was sy beste – benewens identiese spronge van 7.22.
Dit het hom algeheel 13de uit die 26 deelnemers geplaas – die mees ongelukkige springer net een sentimeter agter die 12 kwalifiseerders vir die eindronde.
Die goue medalje is die volgende dag op verrassende wyse deur Yuki Hashioka van Japan met 8.03 meter ingepalm, wat die aanslag van Kuba se junior wêreldleier vanjaar, Maikel Vidal (7.99), en Wayne Pinnock van Jamaika (7.90) afgeweer het.
Diergaardt, wat volgende maand 19 jaar oud word, se persoonlike beste bly die 7.56 meter waarmee hy op 20 April vanjaar in Windhoek die senior nasionale kampioenskap vir die tweede opeenvolgende jaar gewen het. Hy is ook 'n skaflike naelloper met 'n beste van 10.77 in die 100 meter waarmee hy dielfde dag tweede in die 100 meter klaargemaak het.
Die naellopers Ivan-Danny Geldenhuys (400 m) en Sadé de Sousa (100) kon ook as kwalifiseerders vir Finland oorweeg word, maar vanweë net tien dae tussenin is eerder besluit dat hulle net aan die komende Afrika Jeugspele in Algiers sal deelneem.
In Geldenhuys en De Sousa se jonger ouderdomsgroep (onder 17) is die Algiers-byeenkoms boonop die enigste kwalifiserende geleentheid vir die Olimpiese Jeugspele, wat in Oktober vanjaar in Buenos Aires voorlê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie