S&P waarsku: Los die bank uit
Die kredietgradeerder Standard & Poor's (S&P) het Dinsdag gewaarsku dat Suid-Afrika dieper in rommelstatus kan beland as die regering inmeng met die “kritieke” onafhanklikheid van die Reserwebank.
“Ons beskou dit as van kritieke belang dat die bedryfsonafhanklikheid van die Reserwebank onaangeraak bly, sodat ons nie ervaar dat buigsaamheid oor monetêre beleid verswak nie,” het Moritz Kraemer, 'n ontleder van S&P, aan Reuters gesê.
Adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), het Maandag aanbeveel dat die Grondwet herskryf word om die Reserwebank se mandaat te verander.
“Na gelang van die mate van die veranderinge (aan die Reserwebank se onafhanklikheid), kan 'n graderingsaksie inderdaad een van die gevolge wees,” sê Kraemer.
S&P het Suid-Afrika se staatskuld op 3 April afgegradeer, dae nadat pres. Jacob Zuma sy kabinet geskommel het en onder meer vir Pravin Gordhan met Malusi Gigaba as minister van finansies vervang het.
S&P gradeer staatskuld in rand nog een vlak bo beleggingsgraad, maar staatskuld in dollar en euro op rommelstatus.
Vroeër vandeesmaand het hy sy graderings van staatskuld onveranderd gehou, maar die vooruitsig op negatief gehou. Dit beteken die risiko bly hoog dat die graderings verlaag gaan word, tensy die ekonomie of politieke situasie verbeter.
Die Reserwebank het Dinsdag aangekondig hy gaan 'n dringende hofaansoek bring om die openbare beskermer (OB) se aanbevelinge te laat hersien.
Dit is onwettig en gaan sy onafhanklikheid aantas, het die bank in 'n verklaring gesê nadat hy met sy regspan beraadslaag het.
“Die Reserwebank is aanbeveel om 'n dringende hofaansoek te bring om die regstellende stappe ter syde te stel. Die Reserwebank het besluit om dit te doen.”
Mkhwebane se opmerkings het wye kritiek uitgelok. Die openbare beskermer het haar mandaat heeltemal oorskry, “tot haar eie verleentheid”.
“Sy weet nie wat sy nie weet nie.” het George Glynos, ekonoom en besturende direkteur van ETM Analytics, Maandag getwiet.
Prof. Philippe Burger, 'n professor in die ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat, het dié boodskap beaam.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie