Sandhof-lelies blom glo binnekort

‘Natuurlike wonderwerk’
Tanja Bause
Tanja Bause – Me. Maritza Morgan van die plaas Sandhof waar die Sandhof-lelies voorkom ná goeie reën, het op Facebook laat weet die lelies sal na verwagting binnekort blom.

“Die pan sal slegs vanaf môre tot Saterdag vir besoekers oop wees. Geen persone sal voor of ná die datum toegelaat word nie. Die ingangsfooi is N$50 per persoon en N$30 per pensioenaris en Covid-19-maatreëls sal te alle tye gehandhaaf word. Slegs ligte etes en iets te drinke sal verkoop word,” het sy gesê.

Die lelies het in 2020 en 2017 geblom en voor dit in 2013. Hulle groei in ’n 750 hektaar kleipan buite Maltahöhe.

Die lelies is ’n natuurlike wonderwerk wanneer miljoene plante op een slag blom. Dit kan nie verklaar word hoekom die blomme net op Sandhof voorkom en nêrens anders in die land nie. Ander lelies wat soortgelyk aan die Sandhof-lelies is, kom in Namibië voor, veral in die noorde van die land.

Die Crinum Paludosum-plante behoort aan die Amaryllidaceous-familie en is nie lelies nie, hoewel Namibiërs na die Sandhof-lelies verwys.

Die blomme is wit wanneer hulle oopmaak en namate hulle ouer word en net voor hulle verwelk, word hulle pienk.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!