San-volk geniet volle erkenning

BEVINDINGE van die internasionale groep vir minderheidsregte oor die San-gemeenskap en die regering se aandeel in die agteruitgang van hul politieke en ekonomiese posisie, is in \'n sterk bewoorde verklaring deur die permanente sekretaris van inligting en uitsaaiwese, mnr. Mocks Shivute, ontken.
Namibië se San-gemeenskap geniet dieselfde grondwetlike regte as alle ander Namibiërs en berigte dat die Namibiese regering nie formele erkenning aan die 31 000 San-lede buite die voormalige Boesmanland verleen nie, is bevooroordeeld en weerspiëel nie die werklikheid nie, sê mnr. Shivute.
Bevindinge dat die regering verantwoordelik is vir die verswakking van ekonomiese en politieke regte van die San, is volgens mnr. Shivute eweneens \'n \"wanvoorstelling van die waarheid.\"
Hy sê die San-gemeenskap word tans in die Nasionale Vergadering deur een van hul eie mense, mnr. Royal /Ui/o/oo verteenwoordig.
Ontwikkelinge in die gebiede van Tsumkwe en Gam weerspreek die bevindinge van die volkekundige, me. Janet Suzman, wat verbonde is aan die Universiteit van Cambridge, wat die verslag oor minderhede in Namibië, opgestel het, sê mnr. Shivute.
Die gebied is in 2001 toegerus met \'n outomatiese telekommunikasie-skakelbord, skoon drinkwater is voorsien met die bystand van die Nossob-rivierstelselmaatskappy en \'n rioolstelsel en elektrisiteit is aan die gebied verskaf.
Die bestaande skool is verbeter om leerlinge tot graad 10 te huisves en ondersoek word tans ingestel om moontlik ook graad 11 en graad 12 in te stel en sodoende San-leerlinge toe te laat om hul skoolloopbane op Tsumkwe eerder as op Grootfontein te voltooi.
Mnr. Shivute wys voorts daarop dat pres. Nujoma onlangs die amptelike opening van die Tsumkwe-gemeenskapsentrum waargeneem het, \'n ten volle toegeruste rekenaarsentrum by die junior sekondêre skool ingehuldig het en sleutels vir nuwe huise aan die eienaars oorhandig het.
Die huise is onder die bou-saam en maatskaplike behuisingprogram van die mnisterie van streek- en plaaslike regering en behuising gebou.
Die voltooiing van die nuwe kompleks van die Namibiese Uitsaaikorporasie op Tsumkwe sal verder die ontwikkeling van die gebied versterk. \'n Aantal San-studente is reeds geïdentifiseer en ondergaan opleiding in die San-taal om, sodra die kompleks gereed is, hulle in staat te stel om radio- en TV-uitsendings vanaf Tsumkwe te behartig.
\"Die grondwet en Namibië se leiers is baie duidelik oor grondhervorming in Namibië. Onteiening van eiendom in die openbare belang is onderhewig aan die betaling van regverdige vergoeding kragtens artikel 16(2) van die grondwet.
\"Buitelanders wat verslae opstel oor kwessies in Afrika en Namibië in die besonder moet nie hul bevindinge grond op aannames en hoorsê nie, maar eerder hul inligting op wetenskaplike wyses bekom. Wilde beweringe kan maklik etniese spanning veroorsaak en plaas die lande se bestaande vrede en stabiliteit in gedrang.
\"Ons as Namibiërs wil dit nie hê nie, nog minder wil ons sien dat ons mede-landsburgers in die media uitgebeeld word asof hulle nie die volle voordeel van die vrugte van ons hardgewonne onafhanklikheid pluk nie,\" sê mnr. Shivute.

Soortgelyk

 

Maak jou stem dik

10th of July 00:00 | In beeld

Tanja Bause - Die aanvullende registrasieproses vir vanjaar se verkiesing het Maandag afgeskop en sal tot 27 Julie voortduur.By talle registrasiepunte het dinge stadig uit...

Katrina gee bes

10th of July 00:00 | Ministeries

Denver Kisting – Te midde van groot openbare druk het Katrina Hanse-Himarwa gistermiddag die tuig neergelê as minister van onderwys, kuns en kultuur.Kort nadat die...

Kolonel en kie stroop glo wild

10th of July 00:00 | Howe

Francoise Steynberg - ’n Weermagkolonel en ’n instrukteur by ’n beroepsopleidingsentrum is Maandag op borgtog van N$5 000 elk vrygelaat nadat hulle daarvan beskuldig is...

Weer vir 10 Julie 2019

10th of July 00:00 | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm tot baie warm in die Noorde. In die binneland sal dit winderig wees met sandstorms oor die Namib.KUS: Sonnig en baie...

Net 26,7% water in damme oor ...

10th of July 00:00 |

Elvira Hattingh - Damme in Namibië het in totaal net 26,7% of 186,820 Mm³ (miljoen kubieke meter) water oor.Dít in vergelyking met dieselfde tyd verlede...

UPM wil Baster-grondeis instel

10th of July 00:00 | Politiek

Die United People’s Movement (UPM) het bevestig pogings is aangewend om ’n grondeis in te stel vir grond wat tydens die Duitse, Suid-Afrikaanse en Swapo-regering...

Namibiërs eersdaags met die maan gepla

10th of July 00:00 | Tegnologie

Elvira Hattingh - Voor die 50ste gedenkjaar sedert die maanlanding wêreldwyd op 20 Julie gevier word, gaan die maan eers ‘n besonderse vertoning vir aardlinge...

Een uit tien voltooi nie laerskoolopleiding

10th of July 00:00 | Onderwys

Henriette Lamprecht – Sou dinge voortgaan soos nou gaan een uit elke tien kinders in Afrika suid van die Sahara nie hul laerskoolopleiding teen 2030...

Honderde bakkies vir verkiesing

10th of July 00:00 | Politiek

Honderde Windhoekers wat bakkies besit, het verlede week na die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) se kantoor gestroom om hul voertuie vir die aanvullende registrasie van...