San-ouers kwaad vir onderwysers
San-ouers kwaad vir onderwysers

San-ouers kwaad vir onderwysers

Ouers wat keelvol is omdat hul kinders glo 'n geruime tyd reeds by 'n skool in die Omaheke­streek geslaan word, het aan 'n protesoptog deelgeneem.
Maria Eiseb
Maria Eiseb



San-ouers en -inwoners van ­Drimiopsis in die Omaheke­streek is ontevrede oor hoe onderwysers San-leerlinge by Pri­mêre Skool Drimiopsis behandel.

Hulle het Donderdag 'n optog na die skool gelei en 'n klagskrif aan die hoof, me. Jochbeth Katjirua, oorhandig.

Volgens 'n ouer en lid van die skoolraad, me. Maria Garises, het een van die onderwysers 'n agtjarige graad 3-leerling so hard geklap dat sy haar bewussyn verloor het. In 'n ander voorval het 'n graad 5-onderwyser glo 'n leerling in sy klas met haar skooltas gegooi.

Me. Susantjie Unises sê die mishandeling gebeur reeds geruime tyd. "Die hele tyd het ons net gepraat, maar dinge gaan net so voort. Hierdie keer dink ons die saak moet opgeneem word sodat die gewoonte van kindermishandeling by die skool end kry,” het sy verduidelik.

“Kinders word met die hand geslaan. Een leerling is so hard geklap dat van haar tande uitgeval het,” voer sy aan.

Volgens Unises is die onderwysers ook “vol apartheid”. “As daar iets tussen 'n San- en 'n ander leerling gebeur, is die San-kinders alewig verkeerd,” het sy beweer.

“Die San-leerlinge word vertel hulle is goed vir niks nie en die meisies word vertel hulle weet net hoe om kinders te kry. Ons wil hê die skoolhoof moet verwyder word dat ons iemand anders kry wat weet hoe om met ons te werk,” het sy baie ontsteld gesê.

“Is ons nie ook mense wat soos normale mense behandel moet word nie? Hoekom moet daar 'n verskil getref word?” het sy gevra.

'n Ander ouer het gesê haar seun is geklap omdat hy laat in die klas gekom het. Uit vrees het hy sy broek natgemaak. “Dit is oor sulke goed dat ek aan die optog deelneem. Dit is nie reg wat die onderwysers aan die kinders doen nie,” het die ouer vertel.

Katjirua het die aantygings ontken.

“Hoe kan die onderwysers die kinders mishandel? Dit is nie waar wat die ouers sê nie,” was haar reaksie. “Hoe kan so iets moontlik wees, sê my hoe?”

Volgens die skoolhoof is sy onbewus van enige van die griewe.

“Daar was nie sulke klagtes by my kantoor gebring nie, alhoewel daar 'n klagte gebring was van kinders wat baklei het en 'n onderwyser wat die geveg gestop het,” het sy bygevoeg.

“In 'n ander geval het 'n kind die datum verkeerd van die bord af geskryf en die onderwyser wou bloot hê die kind moet fokus en hy het die kind aangespreek,” het sy verder verduidelik.

“Ek sê ook vir die onderwysers hulle moet persoonlike aandag aan die ­leerlinge gee. Ons weet tog hoe die leerlinge van ons is,” het Katjirua gesê.

Die skoolhoof voer aan een van die werknemers by die skool is verantwoordelik vir die opstokery. “As iets met 'n leerder by die skool gebeur, word dit by die kantoor aangemeld.

“Ons slaan nie leerders by die skool nie, ons weet van die situasie van die leerlinge by die skool en hulle word nie met die lat getug nie. Ons het 'n goeie verhouding met die ouers van die gemeenskap en die leerlinge. Hierdie is 'n politiekery,” het Katjirua gesê.

Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het nog nie reaksie op die geskil gelewer nie.

Drimiopsis is sowat 50 km noord van Gobabis.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!