San-meisie om op trots te wees

'n Meisie van die San-gemeenskap is die eerste van haar familie wat 'n privaatskool kan bywoon.
Tanja Bause
Tanja Bause – Vannessia Gaeses (17), 'n San-meisie wat vir die eerste keer skool toe is op negejarige ouderdom, is vandag 'n uitblinker in graad 10 in 'n privaatskool op haar geboortedorp, Tsumeb.

“Ek is vir die eerste keer deur eerw. Edward Amathila van Tov skool toe gestuur,” het sy gesê.

Gaeses en haar sussie het by die Tov-liefdadigheidsorganisasie vir vigswesies en weerlose kinders op Tsumeb grootgeword en woon nou nog by die sentrum.

Haar familie het langs Amathila gewoon. Hy het agtergekom daar is probleme en Gaeses en haar sussie van onderskeidelik drie en vier jaar oud het by hom gaan woon.

Hulle het saam met hom na die Tov-sentrum getrek toe die sentrum geopen het.

“Die sussies was in die Tov-kindergarten en hulle het in die sentrum gewoon,” het Amathila gesê.

Op sewejarige ouderdom het Gaeses 'n plaas besoek waar sy en nog 'n kind deur 'n sebraslang gepik is.

“Ons het geslaap toe die slang die seun op sy voet gepik het en vir my op die voorkop. Ek het van die bed afgeval en my kop oopgekap. Hulle sê dit het my lewe gered omdat die gif uitgebloei het. Hulle het die seun se voet in petrol gesit en die gif uitgesuig en hy lewe ook nog. Ná die byt kon ek egter nie meer reg sien nie; alles was dof.”

Volgens Amathila was sy vir die volgende nege maande in die hospitaal.

“Ek was baie siek en kon nie sien nie en my familie wou nie hê dat ek skool toe moes gaan nie. Ek het twee jaar nie gegaan nie, maar eerw. Amathila het alles verander toe hy my skool toe gestuur en my familie verkeerd bewys het,” het sy gesê.



MOES VINNIG INHAAL

“Ek was tot graad 5 in die staatskool toe hulle my direk na graad 7 toe gestuur het. My punte was so goed hulle het my aangeskuif. Die skool was reeds vol en ek het plek in die Privaatskool Tsumeb Homeschool Centre gekry.

“Eerw. Amadhila het borge gekry wat die skoolfonds vir my betaal het en ek het daarheen gegaan.”

Dit was vir haar baie moeilik in die begin omdat sy nie die kinders of onderwysers geken het nie. Die skoolvakke het ook verskil.

“Die skool het die Suid-Afrikaanse sillabus gevolg. Hulle het ook vier termyne gehad. Binne die eerste termyn moes ek termyn 1 en 2 klaarmaak. Dit was moeilik, maar ek het dit gedoen. Ek het die werk ingehaal en deurgekom.

“In graad 7 was my vakke ekonomie en rekeningkunde. Ek het dit nie eintlik geken nie en dit was interessant en nuut. Ek het ook sosiale studies, geografie en geskiedenis as vakke gehad.

“Die onderwyser het my baie gehelp. Sy het baie tyd bestee om seker te maak ek voltooi die werk. Ek het aan die begin net gesit en na my geografie gestaar. Dit was nie die geografie wat ek geken het nie en ek was verlore, maar sy het my gehelp en ek is baie dankbaar daarvoor.”

Gaeses het graad 10 by die Privaat­skool Redimere Akademie begin.

Tov betaal haar maandelikse skoolfonds omdat Amadhila kan sien dat die geld nie gemors word nie.

Die keer was dit vir haar baie makliker omdat sy van die kinders geken het en self haar vakke kon kies. Sy neem nou rekenaarstudie, rekeningkunde en besigheidstudie.

“Ek wil eendag 'n boekhouer word en dan sal ek verder studeer totdat ek 'n ouditeur is.”

“Ek is baie gelukkig dat ek die kans gekry het. My ma het ses kinders waarvan net drie op skool is en ek is die enigste kind in die familie wat in 'n privaatskool is. Ek is baie trots.

“Eerw. Amathila het my lewe verander. Ek het nie by my ouers grootgeword nie. Hy is my pa en ma; alles in een. Almal dink omdat hy 'n man is verstaan hy nie meisies of hulle probleme nie, maar hy verstaan.

“Hy het my lewe gered. Sonder hom sou ek waarskynlik nie in 'n skool gewees het nie. Of ek sou waarskynlik baie moedeloos gewees het en iets onverantwoordeliks gedoen het soos om swanger te raak soos die ander meisies hier.”

Sy het 'n beroep veral op San-meisies gedoen om skool toe te gaan en te leer.

“Gaan net skool toe en jy mag dalk lief word vir leer.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.82/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.39% | Zinc US$ 2 869.60/T UP 2.25% | Brent Crude Oil US$ 87.28/BBP DOWN -0.0082 | Platinum US$ 901.07/OZ DOWN -0.0012 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.41 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.04 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.82/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.39% | Zinc US$ 2 869.60/T UP 2.25% | Brent Crude Oil US$ 87.28/BBP DOWN -0.0082 | Platinum US$ 901.07/OZ DOWN -0.0012