San-leerlinge kort 'n koshuis
Die leerlinge aan die Laerskool Tianjiu Hope Happiness in Talismanus, sowat 220 km oos van Gobabis in die Omahekestreek, het 'n ernstige behoefte aan 'n koshuis.
Die skool het 270 leerders van graad 0 tot 7.
Afgesien daarvan dat die skoolgebou nuut is, het die skool geen koshuis nie.
Die meerderheid leerlinge is San-kinders, wie se ouers meer as 100 km van die skool af woon.
In 'n poging om nader aan hul jong kinders te wees, het sommige ouers nader aan die skool getrek.
Dit dwing heelwat leerlinge om 'n enkelkamer met hul ouers te deel, wat hulle dikwels aan hul ouers se gedrag blootstel - veral wanneer hulle dronk is.
Me. Jeanette Ruuezan, skoolraadslid, het Donderdag aan Nampa gesê die gebrek aan 'n koshuis veroorsaak ongewenste omstandighede vir die leerlinge.
“Wanneer van die ouers dronk is, doen hulle dinge wat kinders nie moet sien nie,” het Ruuezan gesê.
Daar is geen kragtoevoer na die huise nie.
Die sjebeens veroorsaak 'n groot geraas.
“Drankwinkels en sjebeens is 'n probleem, aangesien die ouers ook daar werk of gereeld na hierdie plekke gaan. Dit lok die jong kinders soontoe,” het sy gesê.
Ander ouers verkies dat hul kinders op hul tuisdorpe skoolgaan, maar dit dwing leerders om lang afstande na en van die skool af te stap.
“Armoede is ook 'n probleem. Die skoolvoedingskema voer die kinders, maar weens 'n gebrek aan geld kry hulle nie 'n gebalanseerde dieet nie,” het Ruuezan gesê.
Die meeste ouers wat genader is, wou nie kommentaar lewer nie, hoewel hulle erken het dat hulle geen ander keuse het as om by hul kinders te woon om hulle te ondersteun nie.
Talismanus is die Otjombine-kiesafdeling se hoof- ekonomiese sentrum en het onder meer 'n kliniek, regeringskantore en 'n polisiestasie. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie