San gebruik spaargeld vir wateraanleg

29 May 2020 | Omgewing
Die San-gemeenskap in die N‡a Jaqna-bewaringsgebied se water­infrastruktuur is al vir jare 'n uitdaging.

Water is 'n skaarste in Namibië en inwoners van dié bewarings­gebied moet daagliks kilometers ver loop om water te gaan haal omdat hul waterinfrastruktuur gebreek is.

“Die gebrek aan water bring op 'n daaglikse basis onmiddellike ­probleme daarmee saam,” lui 'n media­verklaring van die Nyae Nyae Ontwikkelingstigting van Namibië (NNDFN).

“Hulle kon nog nie met hul tuine of ander voedselsekuriteits­projekte begin nie weens die gebrek aan water.”

Verlede jaar by die jaarvergadering van die N‡a Jaqna-bewaringsgebied het die gemeenskap besluit om hul eie fondse te gebruik om die waterprobleem te takel. Die inkomste kom van hul eie ondernemings soos trofeejag.

“Dit stel die inwoners in staat om hul eie betroubare ­waterbronne te kry en hulle het nou 'n kans om hul eie voedselsekuriteit te ­verbeter.”

Vanjaar het hul belegging vrugte afgewerp en vir die eerste keer in jare ervaar hulle die verligting dat hulle water het.

Inwoners van die Kankudi-­nedersetting het vir meer as tien jaar gewag dat hul waterinfrastruktuur herstel word.

“Dit is 'n bewys dat die inkomste van bewaring die gemeenskappe bemagtig en hulle in staat stel om hul eie probleme op te los. Dit maak die inwoners selfonderhoudend en skep 'n siklus vir volhoubaarheid,” lui die verklaring. Die uitwissing van hul inkomstebron uit trofeejag deur die reisbeperkings van die Covid-19-pandemie skep egter 'n nuwe uitdaging.

“Gelukkig het die bewaringsgebied vroeër gespaar vir die maer jare soos nou ondervind word. Die basiese onderhoud van die waterinfrastruktuur kan dus voortgaan sonder steun van elders.”

Soortgelyk

 

Iran: Kernkragontploffing veroorsaak beduidende skade

4 ure gelede | Internasionaal

’n Kernkragontploffing Donderdag in ’n pakhuis by die Ntanz-aanleg in sentrale Iran het beduidende skade aangerig en kan die produksie van sentrifuges vertraag wat uraan...

Egipte arresteer dokters om kritici stil te maak

4 ure gelede | Internasionaal

Ongeveer tien dokters en ses joernaliste is vanaf Februarie in Egipte in hegtenis geneem omdat hulle die regering van pres. Abdel Fattah el-Sissi kritiseer oor...

Covid-19 knou Media24

7 ure gelede | Afrika

Media24 oorweeg dit om vyf tydskrifte en twee koerante te sluit, sy oorblywende maandelikse tydskrifte uit te kontrakteer en hul frekwensie te verminder, twee koerante...

Kenia heropen grense na 4 maande

7 ure gelede | Afrika

Mnr. Uhuru Kenyatta, die president van Kenia, het Maandag die heropening van dié land se grense “in fases” aangekondig.Internasionale vlugte sal vanaf 1 Augustus...

55 nuwe Covid-19-gevalle bring totaal op 593

8 ure gelede | Gesondheid

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula sê 55 nuwe gevalle van Covid-19 is die afgelope 24 uur in die land...

Twee vas oor olifanttande

18 ure gelede | Misdaad

Volgens die weeklikse wildmisdaadverslag vanaf 29 Junie tot 6 Julie is twee nuwe wildmisdaadsake aanhangig gemaak en vier verdagtes in hegtenis geneem. Mnre. Alfred...

Kleintjies terug skool toe

18 ure gelede | In beeld

Leerlinge vanaf graad 0 tot 3 het gister weer vir aangesig tot aangesig onderrig teruggekeer met leerlinge en ­onderwysers wat opgewonde was om weer by...

Tuiskwarantyn aan kus ’n opsie

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) gaan meer buigsaam wees in die kwarantyn van kontakte van bevestigde Covid-19-gevalle in die...

Psemas: ‘Tender sluit almal behalwe Methealth uit’

18 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht - Dit wil voorkom asof die bepalings van ’n tender om die staat se mediese fonds (Psemas) te bestuur, op so ’n manier...