Samsung wil glo nu00f3g 2 vou-fone maak
Samsung wil glo nu00f3g 2 vou-fone maak

Samsung wil glo nóg 2 vou-fone maak

Bloomberg – Samsung beplan glo om sy voorsprong in die mark vir voubare slimfone te verbreed deur nóg twee nuwe fone te vervaardig.

Die Suid-Koreaanse tegnologiereus het verlede maand sy eerste voubare slimfoon, die Galaxy Fold, bekend gestel. Dit word na verwagting in April uitgereik.

Volgens gerugte het Samsung ook planne om ’n voubare foon soortgelyk aan sy groot mededinger, Huawei, s’n te vervaardig.

Huawei se voubare foon, wat ook later vanjaar uitgereik word, vou weg van die gebruiker se gesig. Die Galaxy Fold vou weer inwaarts soos ’n skootrekenaar.

Dit is nog te vroeg om te spekuleer hoe die mark op voubare slimfone gaan reageer, veral gegewe die hoë pryse van sulke toestelle.

Die Galaxy Fold gaan $1 980 kos, dubbeld soveel as die iPhone X.

Samsung is wel gretig om Apple ore aan te sit in ’n baie kompeterende mark vir nuwe slimfone.

Die verkope van albei die maatskappye het oor die laaste paar jaar begin taan.

Opkomende maatskappye soos China se Xiaomi werk ook aan voubare toestelle. Hoewel Apple dit nog nie bevestig het nie, wil gerugte dit hê dat hy ook aan ’n voubare foon vir later vanjaar werk.

“Niemand weet nog wat die perfekte ontwerp van ’n voubare foon is nie,” sê Bryan Ma, visepresident van IDC, ’n onderneming wat elektroniese toestelle ontwerp.

“Dit is nou die tyd om te eksperimenteer. Baie van die ontwerpe gaan nie suksesvol wees nie, maar rolspelers in die bedryf sal waardevolle lesse daaruit leer.”

’n Woordvoerder van Samsung wou nie kommentaar lewer oor wat die maatskappy in die mou voer nie.

Volgens mense met kennis van die saak, beplan Samsung om een van die twee nuwe voubare fone voor die einde van die jaar bekend te stel, met die ander een vroeg volgende jaar.

Dié toestelle gaan glo ook ’n ekstra skerm aan die buitekant van die toestel hê (as dit opgevou is), maar Samsung mag dit dalk verwyder afhangende van hoe gebruikers op die Galaxy Fold reageer, wat ook so ’n skerm het.

Sou die nuwe toestelle nie ’n ekstra skerm hê nie, sal dit dunner wees as die Fold, ’n bonkige toestel byna so dik soos ’n televisie se afstandbeheerder.

Terselfdertyd werk Samsung ook aan maniere om sy voubare fone meer robuus te maak. ’n Vou begin in die skerm van die Galaxy Fold te vorm sodra die foon meer as 10 000 keer oop- en toegevou is.

Siende dat die Galaxy Fold reeds oor ’n paar maande beskikbaar sal wees, en dus voor enige verbeterde tegnologie beskikbaar gaan wees, beplan Samsung glo om die skerm in ’n latere stadium gratis te vervang.

Met die onlangse bekendstelling van die Galaxy Fold mag die media nie foto’s van die toestel geneem het nie, juis omdat ’n vou in die skerm duidelik sigbaar was.

Die maatskappy het telkens herhaal die toestelle wat ten toon gestel is, is prototipes en nie noodwendig hoe die finale produk gaan lyk wanneer dit in April beskikbaar is nie.

Samsung hoop om minstens ’n miljoen voubare fone voor die einde van die jaar te verkoop.

Ontleders voorspel dat Samsung minstens 40 miljoen van sy nuwe vlagskipfoon, die Galaxy S10, voor die einde van die jaar van die hand sal sit. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.82/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.39% | Zinc US$ 2 863.40/T UP 2.03% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 901.07/OZ DOWN -0.0012 Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.4 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.05 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.19 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.05 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 323.82/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.50/lb UP +1.39% | Zinc US$ 2 863.40/T UP 2.03% | Brent Crude Oil US$ 87.34/BBP DOWN -0.0075 | Platinum US$ 901.07/OZ DOWN -0.0012