Samsung se Note 9 amper hier
Duncan Alfreds - Samsung se Galaxy Note 9-“fablet” word eers in die derde kwartaal bekend gestel, maar spesifikasies van die foon word reeds aanlyn uitgelek.
Ice Universe, 'n webwerf met binnekennis van Samsung-sake, berig die nuwe Note se skerm sal nie veel groter wees as die vorige weergawe nie. Die foon sal egter effens wyer en dikker wees.
Aanhangers kan 'n minimum van 64 GB- interne geheue verwag en die slimfoon gaan aangedryf word deur óf die Snapdragon 845- óf die Exynos 9810-skyfiestel, volgens Android Authority.
Die foon se lees-en-skryf-geheue (RAM) gaan na verwagting enigiets van 6 GB tot 8 GB wees, en sommige ontleders reken daar gaan ook 'n weergawe wees met 512 GB- interne geheue.
Die foon se stilus gaan dalk meer sensitief wees vir druk.
Die foon gaan waarskynlik dikker wees om 'n kragtiger battery te kan akkommodeer.
Samsung sal egter baie versigtig wees oor batterykrag ná die debakel van die Note 7, wat herroep moes word weens 'n ontwerpfout wat honderde toestelle wêreldwyd aan die brand laat slaan het.
Volgens Techradar was die Note 9 reeds einde Maart gereed, maar word die bekendstelling teruggehou sodat dit kort voor die bekendstelling van Apple se nuwe iPhone in September uitgereik kan word.
GSMArena reken die Note 9 gaan 'n kamera van 12 megapieksel met twee lense hê, en 'n f/1.5 f-stop. Dit is soortgelyk aan die Galaxy S9 en beteken dit sal een van die beste slimfone wees vir fotografie in die aand.
'n Vingerafdrukleser op die agterkant van die foon – iets wat deur die Chinese reus Huawei gewild gemaak is – word ook verwag.
Die Note 9 gaan na verwagting oorsee sowat US$1 000 kos. Dit kan vir Suid-Afrikaners neerkom op 'n kontrakprys van R1 000 per maand oor 24 maande – dis nou indien die toestel hier bekend gestel word.
Die toestel gaan na verwagting op 9 Augustus bekend gestel word.
Samsung lewer nie amptelik kommentaar oor toestelle voor hul bekendstelling nie. – Netwerk24/Fin24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie