Samespanning oor oliepryse 'gedoem'
Samespanning oor oliepryse 'gedoem'

Samespanning oor oliepryse 'gedoem'

Kunsmatige pogings deur die ­Organisasie van Petroleum­uitvoerlande (Opul) en Rusland om olieproduksie te verminder het nie die gewenste vrugte afgewerp nie.
Die veldslag om olie­pryse te probeer opdruk, gaan waarskynlik in 'n jare lange oorlog ontaard – en gaan dalk steeds nie werk nie.

Dis dalk goeie nuus vir plaaslike motoriste, wat weens 'n ­minimale styging in die olieprys die ­afgelope maand die ­grootste ­verhoging in die petrolprys nóg vanjaar kan verwag.

Die Organisasie van Petroleumuitvoerlande (Opul) en Rusland het in 2016 met hul strategie begin om die ooraanbod van olie op die wêreldmark te verminder en só die prys te laat styg, die verwagting was dat dit binne ses maande sou slaag.

Die ooreenkoms om produksie te verminder, wat van Januarie tot Junie vanjaar sou duur, is sedertdien met nege maande tot Maart 2018 verleng.

En steeds lyk dit nie asof dit die gewenste uitwerking het nie.

Ná 'n styging die afgelope maand wat die prys van Brent-ruolie eindelik redelik konstant bo US$52 per vat gehou het, het die prys weer Dinsdag effens teruggesak.

Dit kom nadat die Internasionale Energie-agentskap (IEA) syfers uitgereik het wat toon dat die ooraanbod van olie tot ná 2018 kan voortduur.

Die ontledingsfirma Esai Energy in New York voorspel dat dit nog jare kan duur voordat die ooraanbod weggewerk is.

“Hulle sal hulle moet ingrawe vir 'n lang stryd,” sê Neil Atkinson van die IEA. “Herbalansering is 'n taai proses.”

Oliepryse het vir die jaar tot dusver in Londen met 10% gedaal.

Die 14 lidlande van Opul, Rusland en die ander 10 vennote van die ooreenkoms kom weer in November byeen om te besluit of die ooreenkoms ná Maart 2018 verleng moet word.

Opul ondermyn eintlik sy eie besnoeiings omdat heelwat lande vrygestel is. Libië en Nigerië is onder dié wat steeds hul produksie verhoog – Libië omdat die land steeds herstel van 'n burgeroorlog wat produksie byna tot stilstand geruk het; Nigerië omdat pypleidings wat beskadig was, mettertyd weer reggemaak word.

Intussen voorspel die Amerikaanse regering dat die produksie van olie en gas uit skale in September 'n rekord gaan slaan. Amerikaanse skaliegasprodusente bewys al hoe meer dat hulle selfs teen die laer oliepryse winsgewend kan bly.

Volgens die IEA is net die Opul-lidlande se produksie van 32,8 miljoen vate per dag in Julie hoër as die hoeveelheid olie wat die wêreld vir die grootste deel van 2018 benodig.

Opul se doelwit is om wêreldwye olievoorrade terug te bring tot hul vyfjaargemiddeld, maar slaag nie daarin nie.

Volgens Esai Energy gaan Amerikaanse produksie oor die ­volgende vyf jaar aanhou styg, terwyl die verbruik van olie nie pas hou daarmee nie.

Sarah Emerson van Esai in New York sê as Opul die olieprys tot US$60 per vat wil opdruk, sal die perk op die aanbod “nog ver­skeie jare” voortgesit moet word.

Die IEA sê wel in die tweede kwartaal van die jaar was daar matige tekens van sukses met Opul se besnoeiings.

Giovanni Staunovo, 'n ontleder van UBS in Zürich, glo die proses van herbalansering is wel aan die gang. “Voorraad is uiteraard nog hoog, maar uit die perspektief van vraag en aanbod was daar in die tweede kwartaal 'n tekort.”

Oliebase reken egter die stryd vir hoër pryse gaan lank duur. Patrick Pouyanne, uitvoerende hoof van Total, en Mark McCollum, hoof van Weatherford, het in Julie op 'n konferensie in Istanboel, Turkye, gesê dit kan tot die einde van die dekade duur. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-04-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61% Sport results: Premier League: Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton | Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 15° | 34° Rundu: 15° | 34° Eenhana: 15° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:02, High tide: 04:02, Low Tide: 22:08, High tide: 16:27 Swakopmund: 15° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 04:00, Low Tide: 22:06, High tide: 16:25 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:00, High tide: 03:59, Low Tide: 22:06, High tide: 16:24 Rehoboth: 16° | 31° Mariental: 19° | 32° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 18° | 31° Oranjemund: 14° | 21° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 31° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 14° | 26° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 23° Johannesburg: 18° | 25° Dar es Salaam: 23° | 26° Lusaka: 18° | 29° Harare: 15° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.77 | EUR to NAD 20.42 | CNY to NAD 2.63 | USD to NAD 19.03 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.72 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.4 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.85 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1277.03 | USD to ZAR 19.03 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74513.94 Up +0.68% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1545.38 Up +1.53% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13281.24 Up +0.26% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 327.26/OZ UP +0.47% | Copper US$ 4.49/lb UP +1.32% | Zinc US$ 2 858.10/T UP 1.83% | Brent Crude Oil US$ 87.62/BBP DOWN -0.0043 | Platinum US$ 907.66/OZ UP +0.61%