Samaria hoop Warriors bly kalm
Sokker
Sokkergeesdriftiges sal hoop om môre fees te vier indien die Brave Warriors die agterstand kan uitwis en verby Madagaskar kan vorder om sy plek in die 2020 CHAN-toernooi te bespreek.
Die Namibiese sokkerspan staan voor sy beslissende laaste hekkie om vir volgende jaar se Afrika Nasieskampioenskap in Ethiopië – die skouspel waarin lande net die talent uit die ligas en klubs binne hul landsgrense mag inspan.
Die Brave Warriors het in die eerste ontmoeting 'n laat doel teen Madagaskar in die wegwedstryd in Antananarivo afgestaan (0-1).
Dit plaas hulle môre in die Sam Nujoma-stadion op die agtervoet om die wedstryd binne gewone speeltyd met 'n voorsprong van minstens twee doele te wen as hulle nie die uitslag van die strafskop-valbyl wil laat afhang nie.
Vandeesweek het doelwagter Edward Maova by die nasionale CHAN-groep aangesluit. Hy kan oorweeg word omdat sy tweejaarkontrak met die Universiteit van Pretoria (Amatuks) tot 'n einde gekom het.
Die 24-jarige Maova het gevolglik na Civics teruggekeer en sluit aan by sy nasionale spanmaats met wie hy reeds die afgelope jare 'n pad gestap het.
Sokkergeesdriftiges sal ook graag die vlugvoetige Wangu Gome terug in aksie wil sien, nadat die middelveldspeler van 'n kniebesering herstel het. Die voormalige talent van Bidvest Wits en Cape Umoya is ook terug in sy geboorteland en het sy handtekening by Civics neergepen.
Gome het verlede jaar laas vir die nasionale span in 'n 2019 Afcon-uitdunwedstryd teen Zambië gespeel.
Die waarnemende nasionale afrigter, Bobby Samaria, het vandeesweek gesê die laat doel in Madagaskar plaas die span onder druk, maar die spelers is oorgehaal om te verbeter en sake reg te stel.
“Ons het goed gespeel in Madagaskar en het goeie kanse geskep, maar kon dit nie afrond nie. Ons het vandeesweek hieraan aandag gee en ek hoop die manne is die naweek rustig en maak seker ons tref die teiken,” het hy gesê.
Samaria sal sonder die verdediger Larry Horaeb moet klaarkom, wat vanweë twee geel kaarte buite rekening is. Die byvoeging van Gome en Isaskar Gurirab, ná die beserings wat hulle voor die reis na Madagaskar op die kantlyn gehou het, word egter verwelkom.
Kaartjies beloop N$30 indien dit vooraf by Sokkerhuis in Katutura of by Computicket gekoop word, of N$50 by die hek. - NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie