Sam soek nie verjaardagpartytjie
Sam soek nie verjaardagpartytjie

Sam soek nie verjaardagpartytjie

Maria Eiseb
Maria Eiseb



Tydens 'n mediabyeenkoms gister by die Swapo-hoofkwartier in die hoofstad het die party se sekretaris-generaal, mnr. Nangolo Mbumba, gesê oudpresident Sam Nujoma wil nie vanjaar 'n verjaardagpartytjie hê nie, maar sal wel bly wees as die projek van die Etunda Farm School voltooi word.

Mbumba het gesê sedert Nujoma afgetree het, het hy aan verskillende projekte, onder meer dié van die Etunda-skool, deelgeneem, ten einde die gemeenskap te ontwikkel.

Volgens Mbumba het Nujoma destyds 'n stuk grond op sy plaas afgestaan vir die bou van 'n moderne gesondheidfasiliteit en 'n skool vir die gemeenskap.

Die kliniek is klaar gebou en sal Saterdag aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste by die Etunda-nedersetting oorhandig word.

Volgens Mbumba het Nujoma, wat môre verjaar, gesê almal wat tot sy 88ste verjaardag wil bydra, moet eerder iets aan die projek skenk, want sy wens is om die projek te voltooi.

“Die verjaardagvieringe van oudpresident dr. Sam Nujoma gaan nie soos in die verlede 'n joligheid wees nie,” het Mbumba gesê.

Die Swapo-party nooi alle individue, maatskappye en belanghebbendes wat Nujoma se geboortedag wil herdenk om tot die skoolprojek by te dra.

Mbumba het gesê hy sal N$5 000 skenk en ander uitdaag om sy voorbeeld te volg.

“Swapo sal bekend maak hoeveel aan die projek geskenk is,” het Mbumba gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

SerieA: Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 17° | 34° Rundu: 17° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 18° | 35° Tsumeb: 19° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 17° | 23° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:25, High tide: 13:40, Low Tide: 19:24, High tide: 01:48 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:38, Low Tide: 19:22, High tide: 01:46 Walvis Bay: 19° | 26° Wind speed: 36km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:23, High tide: 13:37, Low Tide: 19:22, High tide: 01:45 Rehoboth: 18° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 23° | 35° Aranos: 20° | 32° Lüderitz: 18° | 34° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 19° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 15° | 28° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 25° Lilongwe: 16° | 26° Maputo: 20° | 31° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 28° Johannesburg: 16° | 28° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° #REF! #REF!