Saldanha Staal: Twee kopers stel glo belang
Saldanha Staal: Twee kopers stel glo belang

Saldanha Staal: Twee kopers stel glo belang

Die regering is baie bekommerd oor hoeveel mense hul werk gaan verloor as die aanleg gesluit word.
Nellie Brand-Jonker



Ten minste twee kopers het hul belangstelling uitgespreek om Saldanha Staal van ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) te koop.

Die departement van handel, nywerheid en kompetisie, het in ’n verklaring gesê twee partye het aan hom die belangstelling uitgespreek om die aanleg te koop.

Amsa het 11 November aangekondig Saldanha Staal gaan gesluit word nadat sy bedrywighede hersien is.

Ebrahim Patel, die minister van handel en nywerheid, het ’n dringende beroep op Amsa gedoen om voort te gaan om met die nasionale regering en ander belangegroepe saam te werk om die besluit om te keer en oplossings te vind om die aanleg in bedryf te hou.

Patel het gesê as geen oplossing gevind word nie, moet hulle dit oorweeg om die aanleg te verkoop.

Die regering is baie bekommerd oor hoeveel mense hul werk gaan verloor as die aanleg gesluit word.

Die voornemende kopers is van plan om ’n aanbod vir die aanleg te maak. Patel moedig Amsa aan om die aanbiedings te oorweeg.

“Ons is bemoedig deur dié vroeë tekens van belangstellings in Saldanha Staal. Indien Amsa van voorneme is om ondanks ons teenkanting die aanleg te sluit, dring ons daarop aan dat hulle aktief en openlik met voornemende kopers skakel en aan hulle voorwaardes bied wat sal verseker dat die staalwerke oop bly en werksgeleenthede bied aan die plaaslike gemeenskap.”

SAMESPREKINGS

Volgens hom volg die besluit van Amsa om Saldanha te sluit en 1 000 werkers af te dank ondanks wesenlike pogings van die regering om die maatskappy te ondersteun om werkverlies in al sy bedrywighede te voorkom en met die bedrywighede by die aanleg voort te gaan.

Sedert die aankondiging het die departement saam met die departement van openbare ondernemings en Eskom en Transnet met die bestuur van Amsa geskakel om ondersteuning aan die maatskappy en spesifiek Saldanha Staal te gee om energie- en vervoerkoste te verlaag.

Die regering het samesprekings met ystererts- en steenkoolprodusente sowel as georganiseerde arbeid gefasiliteer om oplossings te vind om koste te verlaag om werkverliese te voorkom. Die gekombineerde ondersteuningspakket wat deur die regering aangebied is, het gewissel van konsessies op die pryse van ystererts en elektrisiteit-, water- en spoortariewe. Dit sou aansienlike kostebesparings opgelewer het.

“Amsa het egter vir nog meer ondersteuning gevra as wat reeds gegee is.

“Die regering het Amsa die afgelope paar jaar ondersteun deur middel van die tariefbeskerming op invoer en die aanwysing van Suid-Afrikaanse staal vir infrastruktuurprojekte van die staat. Dit het die maatskappy direk gebaat.

“Ons het begin met die ontwikkeling van ’n meesterplan vir die staal- en metaalwaardeketting in Suid-Afrika, wat maatstawwe aan die vraag en aanbodkant sal insluit en om groter mededingendheid en dinamiek na die bedryf te bring.

“’n Aantal inisiatiewe word beplan om groter vraag vir staal deur die openbare én private sektor aan te spoor, en om die koste in die bedryf te verbeter,” het Patel gesê. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!