SAL ontken hy onderhandel oor Afrika-alliansie

03 January 2019 | Sakenuus
Hanlie Stadler – Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) ontken dat hy deelneem aan onderhandelings om ’n alliansie van lugdienste in Afrika te vorm.

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens herbeding kodedeelooreenkomste, maar nie nouer alliansies nie.

Tlali Tlali, die SAL se hoof van mediabetrekkinge, het aan Netwerk24 gesê die sogenaamde Africa Alliance “is nie op die oomblik deel van die gesprek nie”.

“Ons is op die oomblik in geen gesprek met enige lugdiens op die vasteland om ’n Africa Alliance-lugdiensnetwerk te vorm nie.

“Ons fokus is op die hersiening van kodedeelooreenkomste wat reeds bestaan, en op die bou van strategiese vennootskappe en betrekkinge sodat ons ander vorms van samewerking kan ontgin met lugdienste wat ons aspirasies deel.”

Tlali se reaksie kom enkele dae nadat Air Mauritius deur Bloomberg oor die onderhandelinge aangehaal is. Volgens Soma Appavou, uitvoerende hoof van Air Mauritius, sou dit kon beteken dat die lugdienste instandhouding, opleiding, verkryging en ander funksies ook deel.

Die SAL het wel reeds ’n kodedeelooreenkoms met Air Mauritius.

Tlali sê die SAL het 24 handelsooreenkomste met lugdienste oor die wêreld heen en hulle word tans hersien “om meer waarde daaruit te put”. “Sodra ons gesprekke met enige van dié vennote (insluitend Air Mauritius) afgehandel is, sal ons aankondigings doen op dieselfde manier waarop ons ons verbeterde verhouding met Emirates Airlines aangekondig het.”

Al vier die staatsbeheerde Afrika-lugdienste wat met betrekking tot die alliansie genoem is, ly enorme verliese. – Netwerk24

Soortgelyk

 

SDFN houses at Kalkfeld nearing completion

7 ure gelede | Infrastruktuur

KALKFELD – The construction of 18 houses by the Shack Dwellers Federation of Namibia (SDFN) is nearing completion at the Kalkfeld settlement in the Otjozondjupa...

Manlike pasiënt 'twee keer' besny

7 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Die ministerie van finansies het 'n forensiese ondersoek na die eispatrone van verskaffers van gesondheidsdienste van stapel gestuur om moontlike bedrog by die...

Kaptein wou terugdraai voor 157 sterf

7 ure gelede | Ongelukke

Ronelle Rademeyer Die kaptein van Ethiopian Airlines se vlug ET302 het toestemming gehad om die vliegtuig terug te draai na die Internasionale Lughawe Bole by...

Só vaar die Verkrygingsraad

7 ure gelede | Ministeries

Augetto Graig Struikelblokke kan in geleenthede omskep word. Só sê me. Lischen Ramakhutla, die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se administratiewe hoof.Sy en mnr. Patrick...

Weer vir 11 Maart 2019

7 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in die Noorde, Noordooste, Ooste en sentrale hoogland met geïsoleerde donderbuie op plekke. Elders sal dit...

Ou beursbeleid finansier 'enige' student

7 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - “As jy van die begin af nie gehad het wat nodig is nie, gaan jy dit ook nie aan die einde...

Stem nou vir jou gunstelingpaartjie!

7 ure gelede | Gebeure

D'Arlin en Leigh-Ann Benade is een van die top-30-paartjies in Republikein se Bruidspaar van die Jaar-kompetisie. Een gelukkige leser, wat aan ons SMS-kompetisie deelneem, kan...

Namibiër ’n top-uitvinder

7 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ‘n Namibiër is een van 30 finaliste uit 2 400 inskrywings in die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se eerste uitdaging vir vernuwing op die...

Só is SME Bank geplunder

7 ure gelede | Howe

font face="Verdana" > Catherine Sasman - Die SME Bank-saak lees soos 'n stap-vir-stap gids vir 'n bankroof. Só het adv. Raymond Heathcote, wat namens die...