u2018SAL bly voortbestaan, word reggeruku2019
u2018SAL bly voortbestaan, word reggeruku2019

‘SAL bly voortbestaan, word reggeruk’

Dié beleërde lugredery het onlangs weer ’n R5 miljard- reddingsboei van die regering gekry om in die lug te bly.
Llewellyn Prince - Die sukkelende Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) bly voortbestaan en sal al sy verpligtinge teenoor sy belanghebbendes, kliënte, en diensverskaffers nakom.

Tlali Tlali, SAL-woordvoerder, het Sondag dié versekering oor die SAL se nabye toekoms gegee nadat die regering volgens hom sy posisie oor of die staatsbeheerde lugdiens toegemaak of verkoop sal word, uitgeklaar het.

Die beleërde SAL het onlangs weer ’n R5 miljard- reddingsboei van die regering gekry om in die lug te bly.

Sy toekoms was egter onlangs weer in onsekerheid gedompel nadat Tito Mboweni, minister van finansies, op ’n beleggerskonferensie in New York gesê het die sukkelende SAL moet eerder toegemaak word.

Pres. Cyril Ramaphosa het egter Dinsdag in die parlement gesê die SAL is so swaar met skuld belas dat dit die staatskas kan laat inplof as hy verkoop word omdat al die SAL se skuld dan dadelik betaal sal moet word.

Die regering as aandeelhouer het geen verandering in strategie of benadering oor die SAL se toekoms gekommunikeer nie.

GROTER VERBINTENIS

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings en aandeelhouer-verteenwoordiger in die SAL, het die SAL-werknemers die afgelope week ook die versekering gegee dat die lugdiens sal aanhou sake doen, maar dat daar ’n groter verwagting sal wees dat die SAL sy strategie met ’n groter verbintenis en dringendheid uitvoer om die lugdiens finansieel en operasioneel te herstel.

Tlali het Ramaphosa en Gordhan se posisie oor die SAL se voortbestaan verwelkom.

“Dit beteken dat die SAL sal voortgaan om dienste te lewer en sy verpligtinge teenoor sy kliënte, vennote en diensverskaffers sal nakom.

“Die regering as aandeelhouer het geen verandering in strategie of benadering oor die SAL se toekoms gekommunikeer nie.”

Tlali se verklaring lui dat die SAL se toepassing van sy strategie op koers is en dat daar vroeë aanduidings is van positiewe resultate op inisiatiewe wat reeds in werking gestel is, veral met betrekking tot die lugdiens se roete-netwerk.

“Dit volg op die implementering van kapasiteitsaanpassings in die plaaslike mark en netwerkoptimalisering in die streek- en internasionale markte.

“Terwyl nog werk gedoen moet word, is ons aangemoedig deur die vordering wat ons maak om die maatskappy reg te ruk.”

WINSDREMPEL

Dit sal drie jaar duur om die maatskappy tot ’n winsdrempel te bring, maar die regering sal op grond van huidige ingrypings besluit om ’n deel van die vereiste finansiële hulp aan die lugdiens te verskaf, lui die verklaring.

“Daar is voornemens om langdurige nalatenskapkwessies te pak, die SAL se prestasie te verbeter, sy markaandeel te herwin en voortgesette en verbeterde diens aan sy kliënte te lewer,” sê Tlali.

Alf Lees, DA-woordvoerder oor finansies, het Vrydag gesê dit lyk of die SAL reeds R3 miljard van die R5 miljard-reddingsboei bestee het om dringende skuldbetalings te doen.

Die idee is dat die R5 miljard eers via ’n toedelingswetsontwerp verkry sou word wat eers deur die parlement gedebatteer en goedgekeur moet word. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.21/OZ UP +0.75% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 443.40/T DOWN -0.53% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 903.17/OZ UP +0.93% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.97 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.21 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.97 | USD to ZMW 24.77 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 207.21/OZ UP +0.75% | Copper US$ 3.97/lb DOWN -0.0032 | Zinc US$ 2 443.40/T DOWN -0.53% | Brent Crude Oil US$ 87.13/BBP UP +0.86% | Platinum US$ 903.17/OZ UP +0.93%