SACU bespreek brandstofkwessie
SACU bespreek brandstofkwessie

SACU bespreek brandstofkwessie

Namibië se strewe om 'n logistieke sentrum te word, geld ook vir olie en brandstof.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die Oliekomitee Tussen State (IOC) het Dinsdag in Windhoek 'n seminaar vir rolspelers gehou om die toekoms van brandstoftoevoer in Namibië en verskeie ­buurlande in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (SACU) te bespreek.

Suid-Afrika, Lesotho, Botswana, Swaziland en Namibië, asook Botswana Oil, Namcor, Namibiese diensstasie-eienaars verteenwoordig deur hul vereniging, Asso, asook die plaaslike oliebedryfsekretariaat, Namport en Africa Oil & Gas, het deelgeneem.

Tydens die amptelike opening het die Namibiese permanente sekretaris van myne en energie, mnr. Simeon Negumbo, gesê die seminaar is nodig in antwoord op SACU-lande se behoefte aan die voorsiening van petroleumprodukte op 'n volgehoue basis, asook die versoening van brandstofspesifikasies en prysformules van petroleumprodukte ten einde plaaslike handel te verbeter.

“Ons vergader ten tyde van stagnasie in die globale oliebedryf, 'n situasie wat in die somer van 2014 begin het toe die oliepryse skerp geval het weens 'n ooraanbod van olie in die mark, asook die volgehoue onwilligheid van Opec-lede om produksie af te dwing in die najaag van 'n groter markaandeel,” het hy gesê.

“Die bitter waarheid is dat hierdie daling in wêreldwye oliepryse nie regtig omgesit is in laer brandstofpryse in ons onderskeie lande nie. Om dit in perspektief te stel: In Mei 2013 het 'n vat geraffineerde petrol gemiddeld US$132 gekos en 'n liter petrol op Walvisbaai was in dieselfde maand N$10,80. Die gemiddelde petrolprys per vat is tans US$66, maar 'n liter petrol op Walvisbaai is vandag hoër as in 2013, naamlik N$11,” het Negumbo gesê.

“Daar is verskeie uitdagings. Hierdie vergadering is daarop gemik om toepaslike maatreëls te identifiseer wat ons van moontlike globale olierampe kan beskerm of die risiko's kan versag wat ons in die gesig staar.”

Deelnemers het onder meer die raffineringskapasiteit van die SACU-lidlande ondersoek, asook kwessies aangaande die nakoming van voldoeningsvereistes, die rol van hawe-owerhede en nasionale oliemaatskappye in die voorsiening van olie, en hoe reguleerders ten beste kleinhandelaars en groothandelaars kan vergoed.

Verskeie aanbiedinge is by die geleentheid gedoen, insluitende dié van Asso, Namcor, die ministerie se petrolinspekteur, mnr. Tupa Iyambo, Namport en Africa Oil & Gas.

Asso verteenwoordig sowat 80% van Namibiese diensstasie-eienaars. Die voorsitter, mnr. Koos van der Merwe, het gesê soos industrialisasie in die land uitbrei, sal die aanvraag na petrol en ander oliegebaseerde energiebronne ook groter word. Tans voer Namibië alle verfynde vloeibare brandstowwe in, meestal vanuit Suid-Afrika. Petrol en diesel beloop 63% van die land se totale energieverbruik terwyl elektrisiteit maar 17% verteenwoordig, het hy gesê. Namibië gebruik tot 1 miljard liter voertuigbrandstof per jaar, wat bykans alles deur Walvisbaai beweeg waar tot 90% van die land se brandstofstoorfasiliteite gebou is.

Namcor het uitgebrei oor sy planne om sy aandeel in die Namibiese mark te verhoog vanaf die huidige 8%. Volgens Namcor is daar 190 petrolstasies in die land, 38 minder as voor onafhanklikheid, wat 'n tekort van 38,7 miljoen liter in terme van brandstofverskaffing beteken. Hulle is tans besig om brandstofstoorfasiliteite op Otjiwarongo, Gobabis en Ondangwa te bou, en die grond is reeds gekoop.

Namcor beoog om weer die mandaat te kry om die helfte van Namibiese brandstof in te voer, stoor, versprei en bemark. Daarom is die huidige ontwikkeling van die stoorfasiliteite op Walvisbaai belangrik, sê hy.

Mnr. Elzevir Gelderbloem, Namport-ingenieur, het gesê die hawe se Noordpoort-ontwikkeling speel 'n belangrike rol in die toekoms van brandstoftoevoer. Laas jaar het 1,4 miljoen ton brandstofprodukte deur die hawe beweeg, danksy die tenkwa-ankerplek, wat in 2020 deur twee groter ankerplekke by die Noordpoort vervang sal word.

Africa Oil & Gas se direkteur, mnr. Stanislas Drochon, se ontleding het aangedui dat groot internasionale oliemaatskappy besig is om aan die streek te onttrek. Sy navorsing wys ook dat die aanvraag na skoner brandstofprodukte vinnig toeneem.

Albei verwikkelinge bied probleme én geleenthede, het hy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas | Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion English Championship: Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!