SacOil kry Nigeriese ruolie
SacOil is een van 39 maatskappye, oliehandelaars en raffinaderye aan wie Nigeriese termyn-ruoliekontrakte toegeken is.
Volgens die Nigeriese nasionale petroleumkorporasie (NNPK) geld die kontrakte van 1 Januarie vir een jaar en met een uitsondering is almal vir 32 000 vate per dag.
SacOil, 'n olie- en gasmaatskappy met 'n dubbele notering op die JSE en op AIM, die alternatiewe beleggingsbord van die Londense aandelebeurs, het Woensdag in 'n Sens-verklaring gesê die kontrak is toegeken aan sy gesamentlike onderneming, SacOil Energy Equity Resources Limited (“Seer”).
Hoe gereeld en hoeveel van dié kwota Seer gaan opneem en herverkoop, sal luidens die verklaring afhang van die totale ruolieproduksie van Nigerië. En hoewel dit 'n jaarkontrak is, moet Seer maandeliks aansoek doen vir sy kwota.
“Dié ruolie-transaksie verteenwoordig 'n belangrike deel van SacOil se diverse portefeulje van bates en is in pas met die maatskappy se fokus op bedrywighede wat kontantinkomste genereer,” lui die verklaring.
SacOil, wat volgens sy uitvoerende hoof, Thabo Kgogo, aspirasies koester om te groei tot die voorste Pan-Afrika olie-en-gasmaatskappy, het verlede jaar ook 'n samewerkingsooreenkoms met Mosambiekse rolspelers in die olie-en-gasbedryf en met China Petroleum Pipeline Bureau gesluit wat sal lei tot die bou van 'n aardgaspypleiding van 2 600 km van Mosambiek se Rovuma-gasvelde na Suid-Afrika en vandaar na ander buurlande.
Suid-Afrika se Openbare Beleggingskorporasie (OBK) is ook betrokke by die projek.
Die doel van die projek is onder meer dat dit ook gas sal lewer aan die bevolking in kerndorpe van Mosambiek en ook groot voordele sal bied vir die ekonomieë in Suider-Afrika.
– Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie