Saak sloer 2 jaar ná matriekmeisie sterf

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Twee jaar ná ’n motorongeluk die lewe van ’n matriekmeisie geëis het, is daar steeds geen teken dat ’n saak van strafbare manslag teen die bestuurder weer op die hofrol geplaas gaan word nie.

Die 18-jarige Dunja von Dewitz het in die vroeë oggendure van 15 Oktober 2016 in ’n motorongeluk in Windhoek gesterf. Haar vriend, RJ Visser, is ernstig in die ongeluk beseer.

Die 20-jarige mnr. Jacobus van Schalkwyk van Windhoek is in Desember dieselfde jaar van strafbare manslag aangekla en dat hy op 15 Oktober 2016 in of naby Mandume Ndemufayoweg “onregmatig en deur nalatigheid die dood van Von Dewitz Dunja veroorsaak het”.

Alternatiewelik tot die eerste klag is Van Schalkwyk volgens die padverkeerswet van roekelose of nalatige bestuur aangekla. Dié klag teen hom is egter in Junie verlede jaar volgens hofdokumente “voorlopig” teen hom teruggetrek, omdat die ondersoek toe ook nie afgehandel was nie. Die saak is van die hofrol geskrap en wanneer die ondersoek uiteindelik voltooi is, sal die saak volgens die hofdokument “weer terug op die rol geplaas word”.

Meer as ’n jaar later is daar egter steeds geen afsluiting vir Dunja se ouers, Erna en Jochen von Dewitz, sowel as RJ se ouers, Alieta en Werner Wiese, nie.

Die ongeluk, Dunja se dood en RJ se lewensveranderende beserings het ’n geweldige impak op elk van die gesinne gehad, erken albei vroue.

“Ons moet op ’n punt kom waar ons kan sê dit is nou afgehandel. Mense dink baie vinnig jy is venynig en wil wraak neem, maar dit gaan oor die groter prentjie.

“Niemand kan met hul lewens aangaan terwyl die saak sloer nie. Dis om te sê ons trek nou hierdie dik swart streep daaronder, ons sit dit in die verlede, leer daaruit en gaan vorentoe,” sê Alieta.

Dis die “totale onregverdigheid” van alles wat haar vang, erken Erna.

“Die ergste is die manier waarop sy gegaan het en dat mense nie verantwoordelikheid vir hul dade neem nie,” sê sy.

Dit gaan oor gevolge, beklemtoon Erna.

“As ek vandag na RJ kyk. . .Hy gaan die res van sy lewe swaarkry, nie net liggaamlik nie, maar ook emosioneel. ’n Mens verstaan nie waardeur iemand gaan as jy iemand se dood beleef nie, hy was maar net 17 jaar oud gewees.”

Haar hart breek vir haar kind, erken Alieta.

“Ek dink nie hy sal baie gou weer ’n ordentlike verhouding kan hê nie.”

Volgens die twee ma’s het Dunja en RJ ’n besonder hegte verhouding gehad en het hulle die Vrydag voor die ongeluk hul vyf maande-herdenking gevier.

RJ het permanente skade in die ongeluk opgedoen en het voortdurend opvolgbehandeling nodig.

“Verlede jaar was die mediese fonds in Junie al uitgeput. Ons moet die behandeling uit ons eie sak betaal, omdat ons nie by die Padongelukkefonds (MVAF) kan eis nie, want die saak is nog nie afgehandel nie. Wat as hy op 25 van my mediese fonds af is en ek nie finansieel in staat is om hom te help nie?” sê Alieta.

Sy erken dit was die swaarste ding om vir haar seun te moes sê Dunja is dood ná hy uit ’n geïnduseerde koma ontwaak het.

“Net soos Erna Dunja se dood moet hanteer, net so het ons goed wat ons moet hanteer. Sy was nie net sommer ’n meisie in ons huis nie, sy was ook soos ’n ousus vir my dogter. Haar dood is iets wat my seun vir die res van sy lewe met hom moet saamdra,” sê Alieta.

Dit gaan nie oor vergelding nie, beklemtoon Erna.

“Dis iets wat net nooit afsluit nie.”

Hulle moet iemand kan vergewe, beaam Alieta, “maar hoor my hart, hoe sit jy ’n naam by daardie vergifnis?”

Dit voel of albei gesinne se rou van hulle weggevat is, sê Alieta.

“Ons kon nie net mekaar ondersteun en op ons seer fokus nie. Ons as gesin het net ’n kwart van die rugbyveld gespeel, Erna-hulle die hele rugbyveld en as ek dink hoe stukkend Dunja se dood ons gesin gemaak het. Ek het ’n seun wat ek nie weet of ek hom ooit weer heel aan die samelewing sal kan teruggee nie. Gaan hy ooit weer heel en oukei wees?

“Ek moet saamleef met myself, want hoekom het die Here my kind gespaar en nie hare nie?” vra Alieta.

Verlede jaar is 27 kwessies deur staatsadvokaat Antonia Verhoef gelys waaraan die polisie moes aandag gee om te verseker die dossier is volledig en die saak word weer op die rol geplaas.

Volgens Alieta het sy tot dusver nog nie die bygewerkte dossier ontvang nie.

“Ons volg dit weekliks op. Briewe van ons en Verhoef aan die polisie lewer ook niks op nie, wat moet ons nog doen?”

Adj.komm. Edwin Kanguatjivi, nasionale polisiewoordvoerder, het by navraag gesê die dossier was verlede jaar nie volledig nie en is weer aan die polisie oorhandig om alles in te samel wat uitstaande was. Volgens Kanguatjivi is die dossier tans by die hoof van die direktoraat vir misdaadondersoeke.

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.48/OZ UP +1.31% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.01% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 906.04/OZ UP +1.25% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.87 | EUR to NAD 20.44 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.94 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.93 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 219.48/OZ UP +1.31% | Copper US$ 3.98/lb UP +0.01% | Zinc US$ 2 453.40/T DOWN -0.13% | Brent Crude Oil US$ 87.37/BBP UP +1.14% | Platinum US$ 906.04/OZ UP +1.25%