Saad vir vrugtebome

Cedar Marketing verstaan die koestering van boompies

21 July 2020 | Landbou
Met sy ontstaan in 2011 het Cedar Seeds gepoog om hande te vat met rolspelers in die saadbedryf. In daardie stadium was dit nog ’n bedryf wat tot groot mate op die invoer van kennis en vaardigheid uit Suid-Afrika gesteun het.

Vandag is Cedar Marketing ’n saadbesigheid in Grootfontein wat die afgelope 9 tot 10 jaar aan Namibiërs saad voorsien, in die strewe om die vrugtebedryf te ontwikkel en die aartappelbedryf van krag tot krag te laat gaan.

Cedar Marketing het spesifiek die aartappelbedryf help ontwikkel en verskeie aartappelboeredae is deur Cedar aangebied. Inligtingsessies is aangebied en Suid-Afrikaanse plase is verskeie kere besoek. Die Namibiese mark het dié geleenthede met omsigtigheid aangegryp en ontwikkel tot ’n mark wat ’n baie duidelike merk in die Namibiese akkerbou gemaak het, sê die stigter van Cedar Marketing, mnr. Johan Louw hierdie kenner.

Werksgeleenthede is geskep. Wesgrow het vanuit Suid-Afrika hande met Cedar Marketing gevat en as die grootste verskaffer van aartappelmoere in Suider-Afrika het Wesgrow dié bedryf in Namibië help ontwikkel tot een van die hoofkommoditeite in ons land se akkerbou-opset,” sê hy.

Cedar Marketing kyk dus met tevredenheid terug na ’n baie goeie ontwikkeling, volgens Louw.

“Cedar het verder ook bewus geraak van wêreldwye ontwaking in veral die avokadomark en saam met ’n kwekery in Tzaneen is meer as 4 500 avokadoplante en 2 000 mangoplante in Februarie na Namibië gebring.”

Volgens Louw het die sitrusmark duidelik ook sy plek in die vrugtebedryf ingeneem en ook hierin het Cedar Marketing hande gevat met die bedryf in Suid-Afrika om dit te ontwikkel. Gesertifiseerde plante word op groot maat uit Suid-Afrika ingevoer, sê hy.

“Cedar Marketing het met Citrus Research International ’n baie sensitiewe sitrusmark omsigtig aangeraak en is ook in hierdie rigting besig om verskeie gesertifiseerde plante vanaf gesertifiseerde kwekerye in Suid-Afrika in te voer,” sê hy.

Louw beskryf dit as ’n mark “met reusepotensiaal in Namibië, ’n mark wat gereed staan om ontwikkel te word. Cedar Marketing verwag die volgende paar duisend plante in die na-winter periode. Sitrusontwikkeling is duidelik gereed vir die Namibiese mark,” sê hy.

Cedar Marketing staan ook saam in die ontwikkeling van die saadmark met dekgewasse, voergewasse en weidingsgewasse, volgens Louw. Barrenbrug Suid-Afrika is in hierdie verband die hoofverskaffer van ’n verskeidenheid sade, sê hy.

“Dekgewasse vorm ’n baie belangrike deel en Cedar Marketing streef hiermee om by te dra tot die ontwikkeling van gesonde grond, wat ’n absolute vereiste is vir beide die droëland en besproeingsboerdery se toekoms in Namibië.”

Weidingsgewasse en voergewasse se plek in die Namibiese opset is ook duidelik deur Cedar Marketing raakgesien en die maatskappy is van mening dat Namibië sy eie voere vir sy eie diere baie beter kan produseer, as wat voer of weiding uit Suid-Afrika ten duurste ingevoer moet word, sê Louw.

Soortgelyk

 

Covid-19: Verkiesings ‘kompleks, intens’

1 uur gelede | Politiek

Denver Kisting en Kristien Kruger – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê om die plaaslike owerheid- en streekraadsverkiesings later...

Eina, jou doring

1 uur gelede | In beeld

Kristien Kruger het die foto van die geelvink wat op ’n doringdraad hardloop in haar tuin in Klein Windhoek geneem.

‘Kommerwekkende styging’ in Windhoek-gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die aantal Covid-19-gevalle in Windhoek is besig om vinnig te styg, ‘n situasie wat deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste,...

Sluit van howe in openbare belang- Dausab

1 uur gelede | Howe

Denver Kisting – Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê hoewel hofdienste, wat ’n integrale deel van geregtigheid vorm, beperk sal wees vanweë beskikbaarheid...

Weer vir 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal in die Suide voorkom. BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees....

Uitlewerings op ys weens virus

1 uur gelede | Misdaad

“Daar is individue van belang, wat vermoedelik in ons buurlande is; sommige is opgespoor en (ons) wag op die afhandeling van die vereiste administratiewe prosesse.”...

Eros se aanloopbaan opgeknap

1 uur gelede | Vervoer

Ronelle RademeyerOfskoon daar nie geld is vir omvattende rehabilitasie van die aanloopbaan by die ­Eros-lughawe in Windhoek, gaan tussentydse herstelwerk oor die volgende drie maande...

Trane loop nog steeds oor Frieda Ndatipo

1 uur gelede | Mense

Jana-Mari SmithSes jaar nadat die ­ongewapende protesteerder me. Frieda Ndatipo gedurende 'n geveg tussen die Swapo-strydkinders en die Namibiese polisie voor Swapo se hoofkantoor doodgeskiet...

Lesersfoto's 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Lesersfoto's

Gelukkige varkie: “Dit is soos dit hoort,” sê Björn Basler. Familie: AK van Donkerhoek het die foto van die wilde perde by Aus geneem. Mooi:...