SA wil nie 'meer soos Trump as Trump' wees
Buurland Suid-Afrika se ekonomie is gekonsentreer in die hande van 'n klein aantal groot maatskappye.
Hanlie Stadler
Suid-Afrika wil beslis nie “meer soos Trump as Trump self” wees deur “nasionale veiligheid” as wapen in 'n handelsoorlog in te span nie.
Dr. Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, sê die feit dat “nasionale veiligheid” as 'n maatstaf gestel word in die Wysigingswetsontwerp op Mededinging, kan glad nie vergelyk word met pres. Donald Trump se gebruik van “nasionale veiligheid” as 'n rede om invoertariewe op staal en aluminium in te stel nie.
Dit word sogenaamde art. 232-heffings genoem ingevolge wetgewing wat die Amerikaanse president breë magte gee.
In die konteks van Suid-Afrika se mededingingswetgewing sal nasionale veiligheid slegs van toepassing wees op die verkrygings of samesmeltings van buitelandse maatskappye met plaaslike maatskappye in baie spesifieke sektore, soos wapenvervaardiging, sê Patel. Pres. Cyril Ramaphosa sal die sektore in die Staatskoerant moet publiseer en enige mededingingsbesluit waarin nasionale veiligheid 'n rol speel, moet aan die parlement openbaar gemaak word.
Patel het Maandag in die parlement in Kaapstad gesê byna 20 jaar nadat wyle oudpres. Nelson Mandela die Mededingingswet in Oktober 1998 onderteken het, bly Suid-Afrika se ekonomie gekonsentreer in die hande van 'n klein aantal groot maatskappye.
Dis daarom nie 'n oomblik te gou om die wysigings aan die wet deur te voer nie, sê Patel.
Die wetsontwerp is in die parlement ter tafel gelê nadat die kabinet dit goedgekeur het. Die parlementêre komitee oor ekonomiese ontwikkeling gaan die wetgewing nou onder hande neem voordat die parlement daaroor stem.
Patel voer aan kritiek dat dié wysigings investering deur multinasionale maatskappye in Suid-Afrika aan bande gaan lê, is ongegrond.
Patel sê multinasionale maatskappye moet aan mededingingswetgewing voldoen in alle lande waarheen hulle uitbrei. 'n Belangrike deel van die wysigings is juis om definisies te verfyn sodat dit onsekerheid uit die weg ruim. Dit sluit in meer omvattende definisies van presies watter soort gedrag teenmededingend is.
Die doelwit van die wetgewing is om ruimte in die ekonomie te skep vir buitelandse maatskappye, maar ook vir plaaslike klein- en middelslag ondernemings en ondernemings in swart besit.
Suid-Afrika se Mededingingswet het benewens die verbod op kartelvorming en ander teenmededingende gedrag – wat wêreldwyd geld – ook die openbare belang as maatstaf. Daarbenewens het die wet verbruikers gehelp, onder meer deur die kartel op broodpryse stop te sit.
Onder die belangrikste wysigings van die hoogs ingewikkelde wet is:
• Maatskappye sal nou van die eerste oortreding af gestraf word. Die sogenaamde “geelkaart-reël”, waar maatskappye die eerste keer net gewaarsku word, val weg.
• Maatskappye wat hulle herhaaldelik skuldig maak aan oortredings, sal vir die tweede oortreding met tot 25% van hul jaarlikse omset beboet kan word.
• Maatskappye sal nou in uitsonderlike gevalle mag saamwerk met mededingers sonder dat hulle gestraf word. Dit sal beperk word tot gevalle waar dit sal help om produksie te verhoog of werk te skep en is veral gemik op tegnologie-ontwikkelings wat een maatskappy dalk nie alleen kan finansier nie.
• Markondersoeke wat deur die Mededingingskommissie onderneem word, sal voortaan nie net voorstelle kan doen nie, maar ook bindende besluite kan neem. Dié mag word beperk – ondersoeke kan byvoorbeeld nie wetgewing self verander nie. Die bekendste markondersoek was die ondersoek na die hoë koste van private gesondheidsorg, waarvan die aanbevelings onlangs uitgereik is.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie