SA vakbonde steun boikot teen winkelreus
SA vakbonde steun boikot teen winkelreus

SA vakbonde steun boikot teen winkelreus

Vakbonde in die buurland het nou hul stemme by die wekroep op verbruikersteenstand gevoeg.
Augetto Graig
Augetto Graig



Suid-Afrikaanse vakbonde het ook nou tot die stryd teen die winkelreus Shoprite toegetree.

Dít volg ná Namibiese vakbonde Donderdag teen Shoprite se uitbuiting en regsaksie teen sy werknemers betoog het.

Die metaalwerkersvakbond van Suid-Afrika (Numsa) sê in 'n verklaring: “Shoprite is 'n maatskappy wat misbruik, en waarvan die sukses afhanklik is van die buitensporige uitbuiting van arbeid.”

Die vakbond het 'n beroep op die werkersklas gedoen om alle Shoprite-winkels te boikot.

Volgens Numsa behandel Shoprite sy werkers soos slawe en selfs in Suid-Afrika, waar die kettingwinkelgroep sy oorsprong het, verdien die maatskappy sy swak reputasie as werkgewer.

Oraloor die vasteland is Shoprite berug ná voorvalle soos byvoorbeeld dié in Zambië in 2013 toe die regering eers moes dreig om die winkelgroep te sluit, voor salarisse met 34% verhoog is, sê Numsa.

Intussen het Shoprite Namibië sy hoërhofeis van meer as N$4,5 miljoen teen 93 werkers laat vaar.

Dié eis was vir skadevergoeding, 'n verlies aan wins, asook vir die maatskappy se regskoste verbonde aan die lang, uitgerekte dissiplinêre proses ná stakings in 2015.

Interne dissiplinêre verhore teen die werkers sal egter voortduur en die uitkoms hiervan word in die komende weke verwag.

“Die Shoprite-groep huldig al lank die standpunt dat alle werkers op redelike en ordentlike werksomstandighede geregtig is.

“Ons het altyd 'n poging aangewend om wat ons eie werk­nemers betref, te fokus op die beginsels van regverdigheid en respek in ­ooreenstemming met die bepalings van bestaande arbeidswetgewing,” het die winkelreus in 'n vroeëre ­verklaring gesê.

Me. Uno Katjipuka, die menseregteprokureur wat die werkers in die dissiplinêre verhore verteenwoordig, het die terugtrek van die eis bevestig.

“Dit is (teruggetrek), maar sover dit ons aangaan, is dit nie genoeg nie.

“Hulle moet ook die dissiplinêre verrigtinge stop. Van wat ek verstaan, fokus hulle op die 'onwettigheid van die staking', terwyl hulle hul eie onwettige aksies ignoreer, soos die eensydige oplegging van salarisverhogings,” het sy gesê.

Nieregeringsorganisasies, plaaslike jeugbewegings en selfs hoë amp­tenare van Namibië se ministerie van arbeid het Donderdag voor Shoprite se deure in Onafhanklikheidsrylaan in Windhoek se middestad betoog.

Betogers het op die laat vaarding van die eis én die dissiplinêre proses aangedring.

Die organiseerders van die betoging is ná die terugtrekking van die eis steeds ontevrede.

Volgens mnr. Nixon Marcus van die Sentrum vir die Mense se Weerstand (CPR) is die stryd nog lank nie verby nie.

Marcus, eienaar van die regsfirma waarvoor Katjipuka werk, sê Shoprite se verklaring is onwaar dat Namibiese howe hulle die reg om te eis reeds in November 2015 gegee het.

“Eerstens word hofbevele vir koste weens die verlies van verkope en vir skade nooit toegestaan nie; nie in dié land en in ons howe nie,” het hy gesê.

“Dit is hoekom hulle in die eerste plek die aksie om hul koste te verhaal teen die werkers ingestel het.”

Hy sê ná Shoprite die arbeidshof al in Desember 2014 genader het om hul koste te verhaal, het die hof in September 2015 nie net die aansoek afgekeur nie, maar ook spesiale koste aan Shoprite toegeken weens die manier waarop Shoprite hul verliese wou herwin.

Marcus aanvaar ook nie dat Shoprite in Namibië behoorlike werksomstandighede vir sy werkers ernstig opneem nie, weens die hofsaak in 2017 waarna Shoprite hul beleid moes skrap dat werkers se name en toiletbesoeke aangeteken moet word.

Hy het ook gesê Shoprite oortree die Namibiese arbeidswet voortdurend – in teenstelling met hul verklaring dat die maatskappy die huidige arbeidswet gehoorsaam.

Kommentaar

Republikein 2024-04-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.12 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 310.27/OZ DOWN -0.0101 | Copper US$ 4.38/lb DOWN -0.0199 | Zinc US$ 2 785.50/T DOWN -1.71% | Brent Crude Oil US$ 86.34/BBP DOWN -0.0096 | Platinum US$ 901.83/OZ DOWN -0.0207 Sport results: Premier League: Fulham 1 vs 3 Liverpool | Aston Villa 3 vs 1 Bournemouth | Crystal Palace 5 vs 2 West Ham | Everton 2 vs 0 Nottingham Forest | Wolves 0 vs 2 Arsenal | Luton Town 1 vs 5 Brentford | Sheffield United 1 vs 4 Burnley LaLiga: Sevilla 2 vs 1 Mallorca | Real Madrid 3 vs 2 Barcelona | Deportivo Alaves 2 vs 0 Atletico Madrid | Almería 1 vs 2 Villarreal | Getafe 1 vs 1 Real Sociedad | Girona 4 vs 1 Cadiz | Valencia 1 vs 2 Real Betis | Rayo Vallecano 2 vs 1 Osasuna | Celta Vigo 4 vs 1 Las Palmas SerieA: AC Milan 1 vs 2 Inter Milan | AS Roma 1 vs 3 Bologna | Monza 1 vs 2 Atalanta | Salernitana 0 vs 2 Fiorentina | Torino 0 vs 0 Frosinone | Sassuolo 0 vs 3 Lecce | Hellas Verona 1 vs 0 Udinese | Empoli 1 vs 0 Napoli European Championships Qualifying: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion FA Cup: Coventry City 3 vs 3 Manchester United | Manchester City 1 vs 0 Chelsea English Championship: Middlesbrough 3 vs 4 Leeds United | Blackburn Rovers 1 vs 3 Sheffield Wednesday | Queens Park Rangers 1 vs 0 Preston North End | Norwich City 1 vs 1 Bristol City | Huddersfield Town 0 vs 4 Swansea City | Stoke City 3 vs 0 Plymouth Argyle | Cardiff City 2 vs 1 Southampton | Rotherham United 0 vs 0 Birmingham City | Sunderland 0 vs 1 Millwall FC | Watford 0 vs 0 Hull City | Leicester City 2 vs 1 West Bromwich Albion Weather: Katima Mulilo: 15° | 36° Rundu: 15° | 35° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 18° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 32° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 15° | 20° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:08, High tide: 03:09, Low Tide: 21:13, High tide: 15:31 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:07, Low Tide: 21:11, High tide: 15:29 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:06, High tide: 03:06, Low Tide: 21:11, High tide: 15:28 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 15° | 27° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 16° | 29° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 25° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 17° | 30° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.75 | EUR to NAD 20.49 | CNY to NAD 2.65 | USD to NAD 19.21 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.34 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.73 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.7 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.12 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.88 | USD to EGP 48 | USD to KES 133.48 | USD to NGN 1230 | USD to ZAR 19.22 | USD to ZMW 25.8 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73551.13 Up +0.26% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1526.82 Down -0.34% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13302.28 Down -1.12% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28144.22 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 310.27/OZ DOWN -0.0101 | Copper US$ 4.38/lb DOWN -0.0199 | Zinc US$ 2 785.50/T DOWN -1.71% | Brent Crude Oil US$ 86.34/BBP DOWN -0.0096 | Platinum US$ 901.83/OZ DOWN -0.0207