SA skuur skouers met baie op dié lys van Moody's

Negatiewe vooruitsig vir volgende graderingsbesluit

10 January 2017 | Ekonomie
SA skuur skouers met groot lande soos China en Brittanje wat op die lys is van lande wat die internasionale kredietgraderingsagentskap Moody's moontlik vanjaar gaan afgradeer.

Die toename in politieke risiko en stygende staat­skuld het daartoe gelei dat Moody's nou die meeste lande in jare op dié lys het van lande met 'n negatiewe vooruitsig vir die volgende graderingsbesluit.

In Europa ly lande nog onder die stres van Brexit asook komende verkiesings, terwyl China, Suid-Afrika en Brasilië in die proses is om hul ekonomieë te heroriënteer.

Boonop moet daar met Donald Trump, aangewese Amerikaanse president, se eerste paar maande aan die bewind rekening gehou word.

“'n Kwart van die lande se staatskuld het 'n negatiewe vooruitsig vir die volgende kredietgraderingsbesluit. Dit is die meeste nog sedert 2012,” sê Alastair Wilson, 'n topbestuurslid van Moody's.

Laas toe daar so baie lande op die lys was, was tydens die piek van die ­euro-krisis.

Die onmiddellike druk is dalk nie so hewig soos toe nie, maar die lande is baie meer wyd verspreid, volgens hom.

“Ek dink dit is op 'n manier meer kommerwekkend.”

Die top-name op die waglys ten opsigte van graderingsbesluite wat vanjaar geneem kan word, sluit in Brittanje, Italië, China, Suid-­Afrika, Mexico en Brasilië.



Kommer oor nog 'n Brexit

Moody's gaan 2 Junie en 22 September Brittanje se kredietgradering hersien.

Teen daardie tyd behoort hy al 'n beter idee te hê hoe die skeiding met die Europese Unie verloop en of Brittanje sy AAA-kredietgradering moet verloor.

“Brexit is negatief vir die Verenigde Koninkryk uit 'n kredietoogpunt, maar die vraag is hoe negatief dit is. Ons sal eers in die komende paar maande of jaar weet wanneer die onderhandelinge in erns begin.”

Oor Italië het hy gesê politieke onsekerheid is 'n bron van kommer.

Volgens hom is enige teken dat die euro verder opgebreek kan word, soos met Brittanje ook 'n risiko.

Die politieke party Five Star van Italië het ook al gesê die land moet die euro­gebied verlaat.

“'n Land wat die eurogebied verlaat gaan baie negatief wees vir krediteure van staatskuld, dus as ons iets sien wat aandui die risiko neem toe . . . gaan dit negatief vir die gradering wees,” het Wilson gesê.



Chinese balanseertoertjie

China is ook 'n bron van kommer vir Moody's.

Die land se kredietgradering het sedert Maart 2016 op 'n negatiewe vooruitsig.

Sy probleme sluit in staatsmaatskappye wat te veel skuld het en eiendomspryse wat in groot stede oorverhit het. Boonop gaan die land vanjaar van leierskap verander.

Volgens hom het Beijing 'n dilemma, want hy moet ekonomiese groei volhou en finansiële en politieke stabiliteit, maar terselfdertyd moet sy ekonomie hervorm word.

“Die negatiewe vooruitsig toon die onsekerheid. Dit toon die kommer dat die uitslag van Beijing se beleidstappe meer ondersteunend vir groei en stabiliteit gaan wees as vir hervorming.”



Oë op Donald Trump

Die grootste onsekerheid vir 2017 is wat die impak gaan wees wanneer Donald Trump vandeesmaand aan die bewind kom in Amerika.

“Ons sal dit dophou en probeer verstaan wat met beleid gaan gebeur. Dit kan weke duur of maande,” het Wilson gesê. – Reuters

Soortgelyk

 

Doodskoot van agter

6 ure gelede | Howe

Jacqueline Louw – Die hoërhof het gister gehoor dat die doodskoot op mnr. Marko Rönni hom van agter getref het. Dit volgens getuienis van dr....

Mynbedryf diép bekommerd

6 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Bekommerd, bekommerd en nóg bekommerd.Die president van die Kamer van Mynwese van Namibië, mnr. Kombadayedu Kapwanga, se jaaroorsig is deurspek met dié...

Herinneringsreis

6 ure gelede | In beeld

Me. Ndatyapelao Nangula Costa (40, links) was een van 430 kinders wat in 1978 ná die slag van Cassinga uit die vlugtelingkamp verwyder en na...

Weer, Donderdag 27 April 2017

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie oor Zambezi, Kavango, die oostelike gedeeltes van Otjozondjupa en Omaheke.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig...

'Namibië, Angola moet malaria sáám beveg'

6 ure gelede | Gesondheid

Die ministeries van gesondheid van Namibië en Angola het Dinsdag op Wêreldmalariadag by die Oihole-nedersetting in die suide van Angola 'n samewer­kingsooreenkoms gesluit om malaria...

Hoe tevrede is Namibiese burgers?

6 ure gelede | Regering

Die kantoor van die eerste minister sal van Mei af met ’n burgerlike tevredenheidsopname oor die gehalte van openbare dienslewering dwarsoor die land begin. Aanbevelings...

Oudpres. Bush skryf oor besoek aan Namibië

6 ure gelede | Gesondheid

Estelle de Bruyn - Ná oudpres. George W. Bush se besoek aan Namibië en Botswana, waartydens gefokus is op die impak van sy noodplan om...

Hupstoot vir klein besighede

6 ure gelede | Plaaslik

Yochanaan Coetzee’n Groep van 21 klein besighede in die Tobias Hainyeko-kiesafdeling het Vrydag ’n groot hupstoot gekry toe hulle toerusting, gereedskap en materiaal ontvang het...

Nuwe junior burgemeester ingehuldig

6 ure gelede | In beeld

Windhoek se nuwe junior stadsraad is Maandag ingehuldig. Hulle sal onder die tema “Red ’n lewe vandag” hul projekte vir die termyn aanpak. Volgens Michael...