SA 'skep werk, maar is nie buite gevaar'
Dit is goeie nuus dat Suid-Afrika in die eerste kwartaal werk geskep het, maar die land is nog lank nie buite gevaar nie.
Suid-Afrika moet entrepreneurskap aanmoedig as die primêre bron van werkskepping vir werklike, volgehoue ekonomiese verandering.
Dit is die siening van Gugu Mjadu, woordvoerder vir Sanlam en Business Partners se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie vir 2018, na aanleiding van Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse indiensnemingspeiling (QES).
Volgens die QES het Suid-Afrika se formele sektor in die eerste kwartaal 56 000 mense aangestel, maar baie ontleders het gewaarsku die situasie kan in die tweede kwartaal weer omgekeer word.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie