SA se verslapte regulasies open toerismevloei
SA se verslapte regulasies open toerismevloei

SA se verslapte regulasies open toerismevloei

Streekstoerisme sal by Suid-Afrika se nuwe toerismeregulasies baat.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg – Suid-Afrika se verslapte toerismeregulasies wat Woensdagaand deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is, sal toerismevloei na Namibië en die Suider-Afrikaanse streek vergemaklik.

Só sê die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), me. Gitta Paetzold.

Sy sê die Namibiese toerismebedryf is verheug oor die verslapte regulasies van die suidelike buurland en dit sal toelaat dat lugverkeer via Suid-Afrika na Namibië en die streek meer oop is.

“Suid-Afrika het Namibië se voorbeeld gevolg om weg te doen met die rooi lys van hoërisikolande, want die werklike situasie verander daagliks,” het Paetzold gesê.

Suid-Afrika se rooi lys, wat middel Oktober laas bygewerk is, het lande soos onder meer Amerika, Brittanje, Duitsland, Frankryk, Nederland en België ingesluit. Dit is die lande van waar die meeste toeriste vir Namibië en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) kom, buiten reisigers van ander Afrikalande.

Besoekers van enige land mag Suid-Afrika nou inkom, op voorwaarde dat hulle ’n sertifikaat kan toon dat hulle binne 72 uur voor hul aankoms in Suid-Afrika negatief vir die Covid-19-virus getoets het.

Toeriste sal met aankoms vir simptome nagegaan word en indien hulle byvoorbeeld koors het en vir ’n Covid-19-toets gestuur word, sal hulle op eie koste in kwarantyn moet gaan totdat die uitslag bekend is.

“Deur spoedtoetse te gebruik en streng te monitor, beplan ons om die verspreiding van die infeksie deur invoer van oorsee te beperk,” het Ramaphosa Woensdagaand gesê.

Paetzold sê die idee om spoedtoetse toe te laat, is “iets wat ons ook interesseer”.

Sy sê dit sal ideal wees as die SADC-streek en die Kavango-Zambezi-oorgrensbewaringsbewaringsgebied (Kaza) ’n gesamentlike gesondheidsvisum kan kry wat streekstoerisme in die feestyd sal bevorder.

Die nuus vandeesweek dat daar moontlik binnekort wêreldwyd entstowwe teen Covid-19 sal wees, bring ook nuwe hoop.

Botswana se oop grense is ook goeie nuus met verskeie lughawens in Namibië se oostelike buurland wat reeds op Maandag 9 November vir internasionale lugverkeer oopgemaak het.

Sekere landsgrensposte van Botswana sal vanaf 1 Desember oopmaak, naamlik by Ngoma en Mamuno wat aan Namibië grens, Ramatlabama aangrensend aan Suid-Afrika, Kazungula (beide pad en veerboot), Ramokgwebana, Martins Drift, Tlokweng, Pioneer en Mohembo.

Aan die negatiewe kant is Air Namibia se aankondiging vandeesweek dat sy vlugte na Johannesburg en Kaapstad vanaf Maandag 16 November vir vier weke gekanselleer is. Dit is ’n terugslag vir Namibiërs wat in die vakansieseisoen na Suid-Afrika wou vlieg.

Volgens Air Namibia is twee van sy vliegtuie wat op dié roetes vlieg, die Embraer Jets (ERJ), onderhewig aan onderhoud vir vier weke.

Vlugte op plaaslike roetes sal volgens skedule voortduur en word nie deur die geskeduleerde onderhoud geraak nie, volgens Air Namibia.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!